Wednesday 1 October 2014

“Do one act of kindness each day of the year and change 365 lives…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“Do one act of kindness each day of the year and change 365 lives…” ~ Unknown
 
Psalm 30:6-7 
 
“When I felt secure, I said, “I will never be shaken.” LORD, when you favored me, you made my royal mountain stand firm; but when you hid your face, I was dismayed…”
 
Psalm 31:3 
 
“Since you are my rock and my fortress, for the sake of your name lead and guide me…”
 
 
“Decide which way to go…  Forwards or backwards…  The decision is entirely yours…” ~ Laura Lyseight
 
“Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around…” ~ Leo Buscaglia
 
Ek is seker elkeen van julle, het al ‘n goeie vriend / vriendin gehad wat jy verloor het…  Of dit nou was deur ‘n simpel baklei, of miskien het die vriend / vriendin getrek en het julle kontak verloor, of miskien deur ‘n misverstand, of miskien moes jy iemand aan die dood afstaan…   Ek het al gevind dat hierdie aanhaling bitter waar is – “ware vriendskap is soos goeie gesondheid…  Mens besef eers die waarde daarvan wanneer jy dit verloor het!”
 
Vriende, is klein blessings, reg uit God se hand!!  Hulle is daar om die lewe ‘n beter plek te maak,  maar daar is ook vriende wat jou so seer kan maak, dat jy sukkel om weer te kan vertrou, en mense naby jou toe te laat…  Ek dink as ‘n boom kon voel – sou dit vrek seer moes wees elke keer wat ‘n tak afgesny word…  Maar as die boom nie gesnoei word nie, sal hy nie kan groei ten einde ‘n groter en sterker boom te word nie…  Met vriendskappe en ook verhoudings is dit dieselfde…  Mens moet partykeer deur moeilike tye gaan, ten einde ‘n dieper en meer betekenisvolle vriendskap of verhouding te hê!  Moenie kosbare vriende of selfs familie! verloor omdat jy te trots is nie...
 
En ons moet daagliks onthou – ons is maar net nietige, gewone, en sondige mense…  Ons GAAN foute maak – dit is ‘n GIVEN!  Moet net nie te trots wees om te erken wanneer jy daardie fout gemaak het nie…  Sê jammer!  MY ma hulle is al 32 jaar getroud…  En iets wat hulle my geleer het, is dat mens nooit ‘n dag kwaad moet gaan slaap nie…  Ons weet nie hoeveel tyd nog aan ons gespaar gaan wees vir hierdie wereld nie…  Ons weet ook nie wat die dag van môre inhou nie…  moet daarom nie ‘n geleentheid laat verbygaan om te sê dat jy jammer is nie…  of dat jy lief is vir iemand nie!!!  Die lewe is KORT!!!  Maak seker dat die mense in jou lewe weet wat hulle vir jou beteken – maak dit ‘n lewenswyse!!  Al verg dit dat jy jouself moet bloostel om moontlik seer te kry – ten minste sal jy kan sê jy het VOLUIT gelewe…  Dat jy gewaag het!!  God wil jou seen met AWESOME vriende en baie liefde in jou lewe!!  Kom voor God met verwagting – laat Hom toe om jou te seen!  Ek het een dag die storie gehoor – God seën ons volgens ons verwagting…  As jy vir Hom ‘n koffiebeker bring as verwagting – sal Hy dit vul…  Maar ook wanneer jy vir Hom die wye oseaan as jou verwagting bring – is daar GEEN einde aan die seën wat Hy vir jou kan hê nie!!
 
Mag God jou vandag – in jou verhoudings, vriendskappe, werk, skool en elke denkbare moontlike situasie, uit jou sokkies seën!  Jy is baie spesiaal!  Onthou dit!!!  God het jou liewer as wat jy ooit sal weet - al is dit dalk op die oomblik donker rondom jou, en al voel dit of God bietjie van jou vergeet het...  Hy het nie!!  Psalm 23:4:  "Though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for You are with me..."
 
blessings!
 
anel xx

No comments: