Thursday 9 October 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle spesiale mense!

Bid asb saam vir die onderstaande!

blessings!

anelxx

Anoniem 1:
 
Bid asseblief vir volkome genesing van my sus, sy het ‘n probleem met haar rug.  Die L4, L5 werwels druk haar wortelsenuwee vas en dit veroorsaak ongelooflike konstante pyn en ook dat sy nie kan sit of loop sonder pyn nie.  Bid asseblief saam dat Jesus haar sal aanraak en volkome genees!!  Baie dankie
 
Anoniem 2:
 
Bid asb saam vir al die Christene wat tans ly onder ISIS. Ek heg 'n paar fotos aan van wat ek ontvang het - dis uiters ontstellend. Dis onskuldige kinders wat onder dit ly.  Bid asb saam vir God om deurbrake te bewerkstellig in daardie lande, en onder alle mense wat ly vir dit waarin hulle glo.
 
Anoniem 3:
 
Vriende van my se vriende het n baie klein baba wat in ICU in die hospitaal is met breinvlies ontsteking! Wil vra dat mense sal bid vir klein Stephan Denner en sy familie! Dankie.
 
Anoniem 4:
 
Bid asb vir my ma wat tans chemo kry.  Dat God haar sal dra, voorsien van nuwe krag, dat die newe-effekte mimimaal sal wees. Dat God haar sal gebruik om 'n getuienis vir baie te kan wees.

No comments: