Wednesday 1 October 2014

gebedsversoeke...

Haloes julle!
 
Bid asb saam vir die onderstaande.
 
baie blessings vir julle!
 
Anelxx
 
Anoniem 1: Bid asseblief saam my vir 'n finansiele deurbraak in my lewe, asook vir die situasies omstandighede waarin ek is (gebroke verhouding, teleurstellings deur vriende en familie, agteraf pratery, ens). Dat die Here al hierdie omstandighede waardeer ek gaan wat my so seer maak sal verander en druk waarin ek tans is sal wegvat in die naam van jesus en 'n uitkoms vir my sal bring asseblief.
 
Anoniem 2: Bid asb. dat my Boyfriend ander werk sal kry. Sy baas het hulle nog nie betaal nie en hy bly belowe, maar niks gebeur nie. Werk is skaars so ek verstaan dat Selwyn nie net wil loop nie. Dit plaas baie druk op ons verhouding en op my finansieel, want ek moet vir hom ook help as hy nie het nie.

No comments: