Tuesday 14 October 2014

“We can’t always choose the music life plays for us… But we can choose how we dance to it…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“We can’t always choose the music life plays for us…  But we can choose how we dance to it…” ~ Unknown
 
Jeremiah 29:11
 
“For I know the plans I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for evil, to give you a future and a hope…”
 
Psalm 20:4
 
“May he grant you your heart's desire and fulfill all your plans!”
 
“Don’t do something permanently stupid because you are temporarily upset…” ~ TOBYMAZ
 
“Just because you have a bad day, doesn’t mean you have a bad life…” ~ Unknown
 
Hoe baie keer is ons nie skuldig daaraan dat ons houding en ons dankbaarheid bepaal word deur ons omstandighede nie?  Wanneer die groot goed nie in plek val nie, kyk ons baie keer ook die klein goedjies mis...  Iemand het een keer gesê – as ons aan die woord “wonderwerke” dink, wil ons altyd “lewensveranderende” gebeurtenisse of ervarings ervaar of hoor van...  Ons vergeet so maklik dat, net die feit dat ons vandag ons oë kon oopmaak en opstaan, op sy eie reeds ‘n wonderwerk is en iets is om voor dankbaar te wees!   Dat God nog ‘n dag tot ons lewe toegevoeg het, is ‘n wonderwerk en ‘n geskenk!
 
Is jy dankbaar vir die klein dingetjies – ELKE dag?? (Volgens my, is daar is elke dag klein goedjies om voor dankbaar te wees…)  Of raak jy kwaad en ongeduldig wanneer dinge nie wil uitwerk soos JY dit wil hê nie?  Ekt ‘n stukkie gelees in die Bybel in Praktyk wat dankbaarheid as volg verduidelik:  “Jou volgehoue blyskap, gebede en dankbaarheid teenoor God mag nooit afhang van jou omstandighede of jou emosies nie.  Jy moet aan hierdie drie oproepe gehoorsaam wees, al voel dit vir jou asof jy heeltemal genoeg rede hetom dit nie te doen nie.  Jy weet immers dat, wat ookal op die kort termyn met jou mag gebeur, God in beheer is en dat Hy jou bestem het om verlos te word.  Jy weet ook dat Hy jou nooit bo jou kragte sal versoek nie, en dat alles vir jou ten goede sal meewerk.  Daarom kan jy hierdie opdragte uitvoer... (1 Tessalonisense 5:16)…  Plak die verduideliking uit die Bybel vir jou iewers op die week, en lees dit elke keer wanneer jou moed jou wil begewe!  Onthou dat goed WEL ten goede sal meewerk, en dat God jou nie bo jou kragte sal versoek nie!  Wees dankbaar vir sonskyn dae, en kos om te eet...  Dan sal die groot goed stil, stil gebeur, en net nog ‘n groter seën in jou lewe wees...
  
Sê vandag vir iemand dat jy dankbaar is, om hulle te kan ken, en dat God jou lewe werklik geseën het met hulle daarin...  Of sê vandag vir God dankie, dat Hy nog altyd getrou was, en dat jy jammer is, oor die kere wat jy nie getrou was nie, omdat jy kwaad was oordat dinge nie uitgewerk het, soos jy dit wou hê nie...
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

No comments: