Wednesday 8 October 2014

“Never be afraid to trust an unknown future to a known God…” ~ Corrie Ten Boom

Haloes! J
 
“Never be afraid to trust an unknown future to a known God…” ~ Corrie Ten Boom
 
Psalm 55:22
 
“Cast your cares on the LORD and he will sustain you; he will never let the righteous fall…”
 
Psalms 27:14
 
“Wait for the LORD; be strong, and let your heart take courage; wait for the LORD!”
 
“The question is not what we intended ourselves to be, but what He intended us to be when He made us…” ~ C.S. Lewis
 
“If you are going through hell, keep going.” ― Winston Churchill
 
Baie keer kan die toekoms soos ‘n vreesaanjaende berg lyk...  Mens weet nie wat oor jou pad kan kom terwyl jy die berg uitklim nie...  Wanneer mens weet wat moet gebeur, en wanneer dit moet gebeur, raak dit makliker om dinge aan te pak...  Ons moet die lewe op dieselfde manier benader – in “eetbare” porsies...  Ons raak baie keer so vasgevang in "die lewe" dat ons probeer om 'n maand of 'n week op 'n slag probeer leef...  Eerder as om onsself baie moeite, angstigheid en bekommernis te spaar, deur net te fokus op die dag wat tans aan ons geskenk is...
 
Ek het die naweek ‘n gesprek gehoor van iemand wat gevra het – wat wil jy eendag wees “as jy groot is?"  Ek dink dis een van die eerste vrae waarmee ons gekonfronteer word wanneer ons skool toe gaan.  Kleintjies het REUSE drome...  Hulle is nie bang om drome te deel met ander nie...  En hulle twyfel ook nie vir een oomblik aan die moontlikheid daarvan nie...    Dis partykeer maklik om uit te stel vir  - “eendag”...  Dinge wat “groot” lyk vir ons, kweek partykeer vrees by ons.  En vrees maak weer dat ons limiete op onsself plaas, deur nie ons drome na te jaag nie.  Drome lyk partykeer soos risiko, en risiko = onsekerheid + vreesaanjaend. 
 
Die toekoms kom een dag op ‘n slag…  As ons dus elke dag EEN iets aanpak wat ons “bang maak” kan ons grense oorsteek sonder dat ons dit eers besef...  AS jy elke dag een tree gee, sal jy 365 tree na 'n jaar gevorder het - dis omtrent 'n entjie!  Eendag begin vandag – nie môre nie...  Vandag.  Dit wat jy vandag doen, is die boublokke en die fondasies van more!  Mag God jou voete rig, sodat jy stap op die pad wat HY vir jou bestem het...  As die dinge wat oor jou pad kom, lyk na risiko - kan jy rus in die wete, God sal NIKS oor jou pad bring, wat Hy nie reeds "geproof" het, en gecheck het nie...  Jy is nie alleen nie!  Hy belowe in Sy woord - jy sal jou voet nie teen 'n klip stamp nie, en ook dat Hy omsien na die mossies, maar dat ons baie meer werd is as mossies...  Hy sal sorg :)  Lewe so dat eendag, vandag vir jou 'n werklikheid word - as jy nie weet hoe nie, laat God toe om jou te wys (bid!)!   Onthou - die dinge wat vir jou so groot lyk - is baie klein met in vergelyking hoe GROOT jou God is!!
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 
 
 

No comments: