Tuesday 7 October 2014

“God is working to better your life this very moment… Just because you might not understand what is happening, doesn’t mean it’s not part of his plan…” ~ Pastor Matthew Hagee


Haloes! J
 
“God is working to better your life this very moment…  Just because you might not understand what is happening, doesn’t mean it’s not part of his plan…” ~ Pastor Matthew Hagee
 
Galatians 6:9
 
“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up…”
 
Matthew 22:37-39
 
“Jesus replied: 'Love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your mind.'  This is the first and greatest commandment.  And the second is like it: 'Love your neighbor as yourself…'
 
“The beginning of love is to let those we love be perfectly themselves, and not to twist them to fit our own image…  Otherwise we love only the reflection of ourselves, we find in them…” ~ Thomas Merton
 
“The difference between a successful person and others is not a lack of strength, not a lack of knowledge, but rather a lack in will.” ― Vince Lombardi
 
 
As ek vandag ‘n pragtige GROOT glas blompot aan jou geskenk gee, en ek sê – dis vir jou om te geniet! Sit pragtige blomme in jou huis, sodat jy altyd herinner kan word daaraan dat jy vir my kosbaar is, en dat God vir jou lief is! Jy kan sy grootheid sien in die blomme – elkeen uniek, mooi op sy eie manier, en elkeen geskape deur GROOT liefde van God… As iemand dan by jou kom kuier en die blompot van die tafel afstamp, en die glas in 1000e stukke breek – beteken dit dan dat jy niks meer vir my beteken en dat God jou nie liefhet nie? Verseker nie! Die blompot kan dalk weer heelgemaak word, met baie moeite, en sal seker nooit weer dieselfde lyk nie, maar hy sal karakter hê… Iets wat hom uniek maak… Die lewe is dieselfde… Baie keer gebeur daar dinge wat ons vertroue in mense SHATTER… Ek dink almal van ons het dit al ervaar om iets aan iemand te vertel in vertroue, wat dan op ’n manier uitlek… Jy het dalk iemand vertrou deur iets te vertel wat jou baie na aan die hart lê, en daardie persoon het gegaan en dit aan ander mense vertel… Miskien het jy baie gehou van iemand, en iemand wat jy vertrou het, het dan gegaan en jou kanse bederf deur dit aan daardie persoon te vertel… Miskien wou jy van jou werk bedank, omdat daar ’n ander moontlikheid was, en die persoon wat jy vertel het, het dit uitgeblaker, voordat die ander kans uitgewerk het…  Miskien ervaar jy probleme in jou verhouding, of huwelik., en die persoon aan wie jy jou hart bietjie oopgemaak het, het jou storie vir die wêreld gaan vertel… Miskien het jy gehoor dat jy siek is, en daardie een persoon op wie jy staatgemaak het om daar te wees, was net nie…
 
 Hierdie is maar net enkele voorbeelde… Wanneer dit kom by vertroue, is daar net EEN persoon wat ons met VOLLE sekerheid kan vertrou… God… Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie… Hy sal jou nie seermaak wanneer jy Hom in vertroue neem nie… Hy sal ’n veilige vesting wees wanneer jou lewe op sy kop gedraai word… Hy sal vir jou uitkoms bring wanneer jy dit nodig het en Hy sal jou voorsien van wysheid wanneer jy Hom vra… Hy is NOOIT te besig vir jou nie, en jy kan met Hom gesels ENIGE tyd van die dag of nag… Selfs wanneer jy in die middel van die nag wakker word en nie kan slaap nie, of nagmerries het – Hy is ALTYD wakker, en altyd reg om te luister… Dinge mag dalk vanoggend vir jou soos ‘n “geshatterde” blompot voel… Oor die hele plek gestrooi, deurmekaar, stukkend… Jy mag dalk nie weet hoe om die dag of res van die jaar tegemoet te gaan nie, want maak nie saak waar jy kyk nie, lê gebreekte glas. Begin by ’n kant, en vat dit DAG vir DAG… Stukkie vir stukkie… God is by jou om die stukke op te tel, en die “blompot” weer aanmekaar te sit… Hy sal jou ook instaat stel om te vergewe... Vergifnis is die eerste tree na heelword... Ek weet dis moeilik, en ons is mense, maar deur God se GROOT krag en genade, sal HY ons in staat stel om mense wat ons vertroue gebreek het, te kan vertrou... Hy sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie…
 
Blessings!
 
 Anellixx
 
 
 
 
 
 

No comments: