Friday 17 October 2014

gebedsversoeke...

Hi julle,

Bid asb saam vir die onderstaande.

baie dankie! Geniet julle Vrydag en naweek!
blessings!
 
anel xx
 
Anoniem: Bid asseblief vir Leroy Koopman vir 'n werksgeleentheid hy is tans werkloos en gaan deur 'n baie moeilike tyd hy het 'n kind vir wie hy moet sorg, bid dat God deure sal oopmaak vir hom hy het tans aansoek gedoen vir 'n werk dat God dit sal moontlik maak dat hy in aanmerking sal kom vir daardie werksgeleentheid. Amen
 
Anoniem:  Bid asseblief vir my ek gaan môre 13:45 vir 'n onderhoud by die Landdros Kantoor, ek het gebid en gevra vir die Here vir 'n deurbraak in my lewe en hierdie werksgeleentheid kan daardie deurbraak wees in my lewe. Ek verklaar dat die Here gaan deurkom vir my en hierdie werksgeleentheid myne is, bid saam my dat die Here vir my die ontmoontlike gaan moontlik in die naam van Jesus.
 
 
 

No comments: