Friday 10 October 2014

gebedsversoek...

Hi Anel,
 
Ek wil graag hierdie gebedsversoek rig:
 
Hi Almal, hierdie pragtige jong dame, Jeanine Venter is 'n tydjie terug gediagnoseer met sagte weefsel kanker. Sy is maar net 22 jaar oud. Sy het vir chemo gegaan en is later weer deur die dokters skoon verklaar.
 
Maandag aand is sy weer in die hospitaal opgeneem en is sy ingelig dat die kanker terug is en soveel meer agresief as wat dit voorheen was. Die dokters kan niks meer vir haar doen nie. Sy het vandag besluit sy gaan nie meer verder baklei en vir verdere behandeling gaan nie. Sy is verloof en haar troudatum is die 1ste November.
 
Ek vra of julle sal help bid, vir God vra dat as dit Sy wil is, hy haar sal genees en nog 'n rukkie vir ons spaar. God is groot en kan wonderwerke verrig. Here ons plaas dit in U hande, ons vra dat U haar, haar familie en verloofde styf sal vashou deur hierdie tyd en weer heel en nog sterkter anderkant sal uitbring. In Jesus naam. Amen.
 
Ek wil vra dat julle dit ook op facebook sal share of aan ander epos. Dankie.

No comments: