Thursday 2 October 2014

“Being challenged in life is inevitable… Being defeated is optional…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“Being challenged in life is inevitable…  Being defeated is optional…” ~ Unknown
 
Psalm 42:5-6  
 
“Why, my soul, are you downcast?  Why so disturbed within me? Put your hope in God, for I will yet praise him, my Savior and my God. My soul is downcast within me; therefore I will remember you from the land of the Jordan, the heights of Hermon—from Mount Mizar…”
 
Psalm 62:6 
 
“Truly he is my rock and my salvation; he is my fortress, I will not be shaken…”
 
“I think eventually we learn to define happiness for ourselves on our own terms in spite of the pain that other people cause us…” ~ Unknown
 
“Stop focusing on how stressed you are and focus on how blessed you are…” ~ Unknown
 
Thomas A Kempis het gesê: “Without the Way there is no going, without the Truth there is no knowing;  without the Life there is no living…”  Om jou lewe voluit te kan lewe, om jou drome na te jaag en om vorentoe te kan beweeg, is daar 3 dinge nodig:  Jy moet weet waarheen jy oppad is / wat jou doelwitte of drome is…  Ons moet die Waarheid (vir God) ken, om te kan onderskei tussen wat reg en verkeerd is,  en ons het LEWE nodig (asem in jou longe) om te kan LEWE J  As jy vir Jesus in jou lewe het, kan jy AL hierdie dinge in oorvloed hê, want deurdat Hy vir ons kom sterf het aan die Kruis, het Hy vir ons die weg, die waarheid en die lewe kom gee…  En in oorvloed!  Ons hoef nie te vrees om eendag dood te gaan nie, want ons het deur Jesus se kruisdood die Ewige lewe ontvang…
 
Miskien het jy soveel planne vir 2014 gehad, en het “Die LEWE” met jou gebeur, dat dinge nie uitgewerk het soos jy gehoop het nie of dat die lewe dalk ‘n paar harde klappe na jou kant toe uitgedeel het…  Miskien probeer jy om positief te wees, maar dit werk net nie…  Of miskien is jy net erg moeg, hier aan die einde van die jaar…  Maak nie saak hoe moeilik, of hoe deurmekaar jou lewe vandag is nie – jy is GEWAARBORG van ‘n Ewige Lewe…  Van ‘n God wat jou ONEINDIG baie lief het, en wat jou wil seën met SOVEEL meer dinge as wat jy tans het, asook SOVEEL meer dinge as wat jy ooit sal kan droom van…  Elke dag, is ‘n nuwe geskenk van God af vir ons – die moontlikhede is eindeloos…  Hoe ons egter daardie moontlikhede gaan benader is wat die deurslaggewende rol sal wees… 
 
As jy gaan toelaat dat die lewe en sy klappe jou gaan onderkry, sal dit sommer maklik…  Maar as jy terugveg, en GLO dat God vir jou ‘n pad gaan maak, waar daar tans net ‘n doodloopstraat is, SAL dit vir jou so wees…  Ons moet meer bid, meer vertrou, en minder vaskyk in ons omstandighede…  Die Bybel is VOL beloftes van seën, en dat ons as God se kinders, goeie dinge kan verwag in ons lewe…  Dis nie net op die mense rondom jou van toepassing nie – as jy vir Jesus aangeneem het, is dit beloftes vir JOU lewe…  Gaan op jou knieë, bid en vertrou!  Ek wil Jabes se gebed vir jou gee vandag, en ek wil jou uitdaag om dit oor jou lewe uit te bid, net daar waar jy nou sit…  God sal voorsien, as ons vra en glo…  “Here, seën my, seën my ryklik…  Seën my, seën my daadwerklik…  Vermeerder my grondgebied, hou U hand oor my, laat my geen pyn veroorsaak nie, o Heer, seën my…”
 
Blessings!
 
anel xx

No comments: