Monday 6 October 2014

“Faith is looking at the impossible, and knowing that God will not fail you!” ~ Pastor John Hagee

Haloes! J

“Faith is looking at the impossible, and knowing that God will not fail you!” ~ Pastor John Hagee

Colossians 1:11-12

“Being strengthened with all power according to his glorious might so that you may have great endurance and patience, and joyfully giving thanks to the Father, who has qualified you to share in the inheritance of the saints in the kingdom of light…”

James 1:12

“Blessed is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love him…”

“If only I had today…  I’d hold you and listen…  I’d memorize every detail of you face…  I’d tell you I loved you, over and over…  I wouldn’t let excuses get in the way…  Then I’d remind you of forever…  And how our love would never change… If I only had today…” ~ Hillary Weeks

“When you get to the end of your rope. Tie a knot and hang on.” ― Franklin D. Roosevelt

Korttermyn + Langtermyn = JOU LEWE...  Jy kan dalk dink dat jy vandag opgestaan het, vir net nog 'n gewone dag...  Maar, wat ons partykeer vergeet, is dat ons optrede vandag, ons toekoms kan bepaal...  Miskien is jy in moeilike werksomstandighede vasgevang...  Miskien is daar mense met wie jy net wil baklei as jy hulle sien...  Miskien is jy 'n beplanner, en hou jy nie daarvan as dinge nie uitwerk soos jy dit uiteengesit het nie...  Miskien is die teenoorgestelde waar, en stel jy heeltyd uit - admin goed, of om by sekere mense uit te kom... 

Ek weet nie WAT jou situasie is nie, maar ek weet God is in beheer daarvan…  Iets belangriks om te onthou, is dat die kort-, sowel as die langtermyn saakmaak...  Die een is nie belangriker as die ander nie...  Beide vorm twee sleutel elemente van ons lewe, en as ons uitmis op die een, mis ons uit op 'n deel van ons lewe...  Iets anders om te onthou, is dat ons nie weet wat in korttermyn of die langtermyn gaan gebeur nie...  Probeer om 'n punt te maak daarvan om nooit kwaad te gaan slaap vir iemand nie...  Moenie te bang wees om jammer te kan sê as jy verkeerd was nie...  Ek weet dat dit nie altyd maklik is om almal rondom jou lief te hê nie, maar dit was Jesus se opdrag aan ons...  As daar mense is van wie jy nie hou nie, of met wie jy vassit, onthou die kruis!  Jesus het vir ELKE een gesterf, sodat ons vir altyd kan lewe...  Hy het vergewe, en Hy dink nooit weer daaraan nie...  Sit die kwaadgeid agter jou...  Jy weet nie wanneer dit dalk die laaste keer is wat jy die geleentheid sal hê om met die een te praat wat jou so omkrap nie...  Mens moenie iets soos kosbaar soos tyd mors, om kwaad te wees nie...  Dit moet ons strewe wees om elke dag meer soos Hy te word - God sal jou help hiermee as jy Hom vra...


As jy 'n uitsteller is, probeer hierdie laaste stuk van die jaar iets anders...  Laat hierdie laaste stuk ‘n tyd wees waarin jy dinge anders aanpak.  Beplan, maak lysies, en probeer daarby hou...  Dink net dat as jy oor die korttermyn bybly, sal die langtermyn net SOVEEL rustiger wees!  Die belonings sal ook soveel groter wees...  Indien dinge dalk nie uitwerk soos jy hoop nie, hou moed!  Baie mense gee op, NET voordat die wiel draai...  Die geleenthede kom gewoonlik wanneer dinge die slegste lyk...  Ons moet net wag dat God die reën van seën stuur, en sorg dat ons waterbakke het om dit op te vang, wanneer dit kom!  'n Tannie wat ek ken, het noudie dag gesê: "Ek het baie dinge van God gevra...  Ek het nie altyd als gekry wat ek wou hê nie, maar dit wat Hy my gegee het, was absoluut wat ek nodig gehad het..."  God SAL vir jou gee WAT jy nodig het, WANNEER jy dit nodig het - op die REGTE tyd (Syne)...

blessings!

Anel xx

No comments: