Thursday 25 September 2014

“What you are able to walk away from will determine what God can bring you to…” ~ John Hagee

Haloes! J

“What you are able to walk away from will determine what God can bring you to…” ~ John Hagee

James 1:6

“But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…”

Mark 11:24

“Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”

“Life is short…  If there was ever a moment to follow your passion and do something that matters to you, that moment is now…” ~ Unknown

“Growth is painful…  Change is painful…  But nothing is as painful as staying somewhere you don’t belong…”

Ek is laas week net weereens teruggeruk en herinner daaraan oor hoe kort die lewe werklik is…  ‘n Vriend van my se suster is tragies Donderdag oorlede toe haar motor op die N1 aan die brand geslaan het, en sy verkool het…  Hy vertel aan my dat die polisie slegs haar selfoon uit die motor kon red.  Toe sy suster se man en kinders die aand bekommerd raak oordat sy nog nie by die huis was nie, het hulle haar selfoon gebel, net om met ‘n vreemde polisiestem aan die anderkant van die lyn te gesels…  Geen tyd om totsiens te sê nie…  Geen tyd vir ‘n laaste koffie, of drukkie nie… 

TYD…  Iets wat ons almal het, maar iets wat aan elkeen van ons geleen is!  Dit wat ons daarmee doen, hang ten volle van onsself af!!!  Ek weet nie wat tans jou dae volmaak nie?  Of hoe jou verhoudings met jou geliefdes is nie…  Miskien het jy foute gemaak, maar is jy te trots om daardie foute reg te maak…  Henry Frederick Amiel het die volgende gesê: “Life is short and we have never too much time for gladdening the hearts of those who are travelling the dark journey with us. Oh be swift to love, make haste to be kind…”  Moenie wag vir slegte nuus, voordat jy tyd maak vir die mense en dinge in jou lewe wat werklik belangrik is nie…  Maak dit ‘n prioriteit…  Sorg dat God eerste is in jou lewe, in jou verhoudings, werk, stokperdjies ens…  Want wanneer Hy in Sy regmatige plek is, kan die ander dinge nie anders as om net in plek te val nie!  Moenie WAG vir eendag nie – maak seker jy sê wat jy moet sê en doen wat jy moet doen, VANDAG…  Make every second count!!  Moenie so vasklou aan dinge wat in die verlede le, of dinge wat in jou oe so belangrik is, dat jy uitmis op al die blessings wat God vir jou het nie!!  Mens kan slegs ontvang wat God vir jou het wanneer jou hande oop is...  Wanneer jy besig is om aan goed vas te hou - soos jou werk, jou vriende, dwelms, drank, verhoudings buite jou huwelik, gebroke verhoudings, stukkende harte, siekte, pyn, vrees en seer, is daar nie plek om te ontvang wat God het om vir jou te gee nie...  Wanneer jy 'n vullis sak uitneem buitentoe, gaan jy hom mos nie weer optel en in jou huis gaan sit nie?  Jy gaan dit los dat die munisipaliteit dit kom haal, en wegneem van jou huis af?  Net so, moet ons die dinge wat ons so aftrek, of vul met hartseer, die dinge wat ons nie kan "let go" nie, gaan neersit by God se voete, sodat ons dit kan ontvang wat Hy vir ons bestem het!!  Met vol hande, kan ons nie ontvang, ALLES wat Hy vir ons het nie...  Bid, en vertel God van die dinge wat jou so besig hou, en wat jou hande so vol hou...  Vra Hom, om jou te help, to LET GO, and LET God...
 
Blessings! 

anelxx

1 comment:

Unknown said...

Dankie Anel vir die pragtige boodskap. Dit laat mens net weer besef dat ons elke dag moet lééf!