Tuesday 16 September 2014

“King Saul thought Goliath was too big to fight… David thought he was too big to miss…” ~ Unknown

Haloes! J

“King Saul thought Goliath was too big to fight…  David thought he was too big to miss…” ~ Unknown

Proverbs 3:5,6

“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge him, and he will make your paths straight…”

Colossians 3:23

“Whatever you do, work at it with all your heart, as working for the Lord, not for men…”

“Positive anything is better than negative nothing…” ~ Unknown

“The reason most people give up is because they tend to look at how far they still have to go, instead of how far they have come…” ~ Unknown

Dawid is vir my die perfekte voorbeeld van die aanhaling - "If you kneel before God, you can stand before anyone..." Dawid het vir Goliat aangedurf - net soos hy was...  Saul het probeer om vir hom sy wapenrusting aangetrek - nl 'n borsharnas, bronshelm en swaard, maar Dawid kon nie daarmee loop nie (1 Samuel 17:38).  “Hy het toe gegaan nes hy is - met sy herderstok, slingervel en 5 klippies en met God by hom...  Ek is seker dat as dit nie was vir sy kinderlike geloof in God nie, kon dit dalk baie moeilik gewees het om staande te bly teen die reus (die gevreesde Fillistyn).  Dawid was maar nog net 'n jong seun.  In 1 Samuel 17:32-33 het Saul probeer om vir Dawid te oorreed om nie teen Goliat te veg nie. Maar Dawid het geweet wat God op sy hart gedruk het.  "Moenie oor hierdie man (Goliat) moedeloos word nie.  Ek sal teen die Fillistyn gaan veg!"  'Moenie verspot wees nie', sê Saul. Jy is maar nog net 'n seun, terwyl hy al van jongs af 'n vegter is.'  "Die Here het my uit die kloue van 'n beer en leeu gered het, sal my ook red van die Fillistyn."

Ek ken nie jou storie nie - maar ek wil vandag vir jou kom sê:  Of jy nou geboelie word by die skool, of by die werk; as vriende, geliefdes of familie jou dalk in die steek gelaat het; of as jou werksomstandighede miskien onuithoudbaar voel; of as jy dalk daagliks teen 'n siekte veg wat soos Goliat voor jou staan of as jou huwelik 'n doodloop bereik het…of dalk is jy daagliks die slagoffer van emosionele mishandeling, of is jou hart in miljoene stukke – “kneel before God and He will help you stand before anyone...”  Hy sal jou met moed kom vul om in Sy naam te “veg”.  Kry iemand wat jy vertrou om mee te praat - ten einde hulp te kry - watookal jou situasie is...  Moenie die dag van vandag of môre vrees nie - God is reeds daar...  Soos Rob Bell in sy "Rain" dvd sê - Wanneer die reën aanhou val in jou lewe - God sal jou teen Sy bors dra, ten einde jou te beskerm; Hy sal oor en oor vir jou sê: "Your dad loves you, We are gonna make it; Everything, is gonna be allright..."  Selfs al is jy tans deurweek van water soos die reën in jou lewe val, sal God jou NOOIT los nie…  Hy sal jou vasdruk en omvou met Sy liefde…   Lewe vandag met die oortuiging - God sal sorg!  Hy sal jou verseker NIE in die steek laat nie!

Blessings!

Anel xx

 

 

No comments: