Sunday 14 September 2014

“Timing is everything… If it’s meant to happen it will, at the right time, for the right reasons…” ~ Unknown

Haloes! J

Timing is everything…  If it’s meant to happen it will, at the right time, for the right reasons…” ~ Unknown

Isaiah 40:28

“Do you not know? Have you not heard? The Lord is the everlasting God, the Creator of the ends of the earth. He will not grow tired or weary, and his understanding no one can fathom…”

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him, who have been called according to his purpose…”

“You were not created to live in fear, you were born to take action…”

“When I thought I couldn’t go on I forced myself to keep going… My success is based on persistence, not luck…”  

Dis nie altyd maklik om 'n groter doel te sien in dinge wat gebeur in mens se lewens nie...   Ek is seker daarvan dat meeste van julle al ervaar het dat slegte dinge met goeie mense gebeur...  Dis iets wat ons DAAGLIKS sien en ervaar…  Vir Josef was dit geen uitsondering nie...  Hy is deur sy broers in 'n put gegooi en verkoop, omdat hulle jaloers was oor hul pa se liefde vir hom...  As 'n jong man, dink ek nie Josef het dadelik gedink daaraan dat daar 'n groter plan met sy swaarkry was nie…  Ek dink as dit met my moes gebeur, sou ek teleurgesteld wees het in my familie, en ek sou nogals alleen en uitgeworpe gevoel het...  Josef kon egter totaal en al moed opgegee het die dag wat hy verkoop is, en maar die lewe sy gang laat gaan het...  Maar - hy het op God bly vertrou...  En Hy het gewag totdat God Sy beloftes vervul het in Sy lewe...  Hy het sy broers vergewe - alhoewel hulle hom met hartseer gevul het daardie dag...  God het egter die hele negatiewe situasie gebruik om vir ‘n hele nasie tot seën te wees... As Josef nie verkoop was nie, sou die hele nasie dan omgekom het van hongersnood?  As Josef egter nie deur die harde tye moes gaan nie, sou hy heel waarskynlik nie so ‘n “close” verhouding met God gehad het nie…  God het hom uit die donkerste, diepste put gehaal, en hom “ruler over nations” gemaak…

Al voel jy miskien op hierdie oomblik - hier is GEEN manier dat daar 'n doel kan wees met wat op hierdie oomblik met my gebeur nie, of wat ek tans moet deurmaak as gevolg van sekere dinge wat in my lewe gebeur het nie, wil ek vir jou sê - daar IS.  VIR ALLES wat oor ons pad kom, IS daar 'n groter doel mee...  Partykeer verg dit net 'n baie lang tyd wat ons moet wag om daardie doel te kan insien...  Josef kan vir ons vandag nog 'n voorbeeld wees in alles wat ons aanpak...  Wanneer jy weer moedeloos word oor dinge wat verkeerd gaan, of net nie die punt kan sien in alles wat met jou gebeur nie - rig net jou oë na bo en bid dat God aan jou die geduld sal gee om te wag by Sy beloftes...  En te GLO dat daardie groter doel wat God vir jou lewe het, uiteindelik tot GROOT seën in jou lewe sal lei...  Vertrou God, en wag op Hom...  Ons onderwerp “quote” is vir my SO ‘n awesome waarheid…  Timing is everything…  If it’s meant to happen it will, at the right time, for the right reasons…” ~ Unknown.  Moenie dinge forseer in jou lewe, omdat jy moeg is om te wag vir die regte tyd, en vir dit wat God vir jou wil gee nie!  Sy blessing, is SOVEEL beter as wat ons ooit vir onsself sal kan kies, hoop, of droom!

Mag jy ‘n AWESOME week he!

Blessings!

Anelxx

No comments: