Tuesday 23 September 2014

“Being happy doesn’t mean you have it all… It means being thankful to the Lord for all you have…” ~ Unknown

Haloes! J

“Being happy doesn’t mean you have it all…  It means being thankful to the Lord for all you have…” ~ Unknown

John 6:35

“Then Jesus declared, “I am the bread of life. Whoever comes to me will never go hungry, and whoever believes in me will never be thirsty…”

Galatians 2:20

“I have been crucified with Christ and I no longer live, but Christ lives in me. The life I now live in the body, I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me…”

 

“Dear God, I do not know what the future holds, but I know You hold the future…  I will therefore put my complete trust in you…” ~ Unknown

 

“People were created to be loved, things were created to be used…  The reason the world is in chaos, is because things are being loved, and people being used…” ~ Unknown

 

Ek weet nie wie van julle al vir ‘n haarsny gegaan het wat totaal en al verkeerd geloop het nie?!  Toe ek in Standerd 7 was, was my hare onder my skouers gewees en ekt ‘n taamlike tydjie daaraan gegroei om dit so lank te kry…  Ek is toe genooi na ‘n verjaarsdagpartytjie, en besluit toe om my hare bietjie te gaan sny voor ek na die partytjie toe moet gaan…  Die dame het met my gesels en vertel hoe sy my hare vir my gaan “layer” – wat beteken het, sy gaan dit net vir my in ‘n styl knip…  Min het ek geweet wat voorlê…  Toe ek weer sien, toe is AL my hare aan die een kant van my kop weg gewees!  Die haarkapper het my hare “boys cut” gelayer!  Dit was so kort soos kon wees…  Dit was vir my een van die ergste dae van my lewe! J  Ek’t soos ‘n seuntjie gelyk J J  Die frustrasie waarmee ek gesit het, was dat ek NOU my hare wou terughê!  Maar ongelukkig was dit ‘n tydsame proses, en my hare moes met tyd weer teruggroei…  Die positiewe uit die situasie was, dat die “dooie” punte afgesny was, en my hare nuut kon uitgroei…

Wat probeer ek hierdeur duidelik maak?  Dinge gebeur somtyds in ons lewens – wat buite ons beheer is, of as gevolg van kommunikasie wat gebrekkig was (dat een persoon nie verstaan wat ‘n ander probeer sê  nie)…  En deur daardie gebeurtenisse, verander ons lewens somtyds sommer radikaal…  Al doen jy WAT, is dit nie altyd moontlik dat alles dadelik weer kan wees soos dit voorheen was nie!  Somtyds gebeur dinge sodat ons waardevolle lewenslesse daaruit kan leer, en somtyds is dit ook God wat ons bystaan, sodat ons lewens ‘n nuwe roete kan inslaan, en vir ons om te groei en God se ultimate seën op ons lewens te ontvang!  Maak nie saak WAT oor ons pad kom nie, ons kan weet dat God by ons is…  Dat HY saam met ons stap, en dat Hy gedurende die volle “groeiproses” by ons sal wees…  Somtyds het ons “takke” net ‘n goeie snoei nodig, om weer vinniger, en sterker te kan groei!  Al voel dit vir jou of jy dalk vir ‘n tyd lank vasgevang is in ‘n baie stadige groeiproses, wil ek jou verseker dat die belangrikste is dat jy aanhou groei en nie stilstaan nie…  Moenie toelaat dat mense jou moed breek, of jou geluk steel nie!  Die lewe is TE kort daarvoor om toe te laat dat ander mense die wêreld vir jou ‘n slegte plek maak…  Kies vir God, kies vir Groei, en kies vir Gelukkig wees!  Wanneer jy hierdie dinge kies – sal God daarvoor sorg!

Blessings!

anelxx

 

No comments: