Sunday 28 September 2014

“God has a plan and purpose for you; He will not fail you!” ~ Pastor John Hagee

Haloes! J

“God has a plan and purpose for you; He will not fail you!” ~ Pastor John Hagee

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him who have been called according to his purpose…”

Deuteronomy 7:9 

“Know therefore that the LORD your God is God; he is the faithful God, keeping his covenant of love to a thousand generations of those who love him and keep his commandments…”

“If you want to be happy, you have to be happy on purpose… If you wake up, you can’t just wait to see what kind of day you’ll have…  You have to decide what kind of day you’ll have…” ~ Joel Osteen

“The grass isn’t greener on the other side… It’s greener where you water it…” ~ Unknown

Dit kan nie net altyd goed gaan nie - want dan sal ons nie groei nie, en ons sal ook nie weet tot wat ons alles in staat is, deur Hom wat ons krag gee nie...  Elke ledemaat aan ons liggaam, dien 'n spesifieke doel, en gebruik ons om verskillende dagtake uit te voer...  As jy wil weet hoe kosbaar 'n ledemaat is, probeer 'n hele paar take doen, sonder om een daarvan te gebruik - bv probeer met een hand klere uitkies, aantrek, koffie maak, motor bestuur ens ens...  Ek dink dat die van julle wat al arms of bene gebreek het, presies weet waarvan ek praat op die oomblik!  Jy is heeltyd afhanklik van iemand om jou te help...

Slegte dinge gebeur met goeie mense - dis 'n feit soos 'n koei...  Maar dit veroorsaak weer dat ons na God toe draai om ons te ondersteun en te dra...  Ons spandeer gewoonlik meer tyd MET God wanneer dinge verkeerd loop of wanneer die lewe ons oorweldig...  God belowe om ons nooit te los nie...  Al was ons HOE onttrou, en al het ons van Hom vergeet, of Hom uit ons lewe geskuif...  Hy is ALTYD daar vir jou, solank jy terugkeer en jou sondes bely...  Hy sal DAAR waar jy "gebrek" ly in jou lewe - soos bv om 'n taak sonder 'n ledemaat te probeer doen - SAL Hy daardie ledemaat vir jou wees...  Wanneer slegte dinge gebeur, kan jy ook in die wete rustig wees - dat God jou nie 'n OOMBLIK sal verlaat nie, en dat Hy die dinge op die ou end ten goede sal laat meewerk...  Daar is ALTYD 'n rede hoekom slegte dinge gebeur - al klink dit vir jou cliche, dis die waarheid...  Die slegte dinge is daar om jou te "equip" vir die groot dinge wat God in jou lewe, of DEUR jou lewe wil doen... 

Onthou - elke dag, is daar mense wat kyk na jou...  Mense kyk hoe jy situasies hanteer, en wanneer jy deur die moeilike tye druk, en steeds bly vashou aan God, is jy vir hulle 'n voorbeeld en 'n inspirasie...  So kan jy ook God se koninkryk versprei, deurdat jou LEWE 'n LEWENDE getuienis is...  Deurdat jy vir mense sal WYS, dat MOEILIKHEID jou NIE sal onderkry nie...  Maar dat dit jou net nader aan God sal bring...  God sal getrou wees, en jy sal beloon word vir jou "vasbyt" en geloof...  Hy het jou oneindig lief!!

blessings!

Anel xx

 

 

No comments: