Friday 12 September 2014

“Make the rest of your life, the best of your life…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“Make the rest of your life, the best of your life…” ~ Unknown
 
Mark 10:52 
 
“And Jesus said to him, “Go your way; your faith has made you well.” And immediately he recovered his sight and followed him on the way…”
Psalm 23:4 
 
“Even though I walk through the valley of the shadow of death,  I will fear no evil, for you are with me; your rod and your staff,  they comfort me…”
 
“Don’t let not knowing how it’ll end keep you from beginning…  Uncertainty chases us out into the open where God is waiting…” ~ Bob Goff
 
“You will never have to force anything that’s truly meant to be…” ~ Unknown
 
Is jy op ’n goeie plek tans in jou lewe?  Het jy al die sekuriteit wat jou hart begeer?  Geniet jy jou werk?  Geniet jy jou swottings of skoolloopbaan?  Sien jy goeie goed in jou toekoms?  Of sien jy onsekerheid, struikelblokke, moeilikheid of donkerte?  Saul is vir my 'n groot voorbeeld...  Ek dink dis absoluut ongelooflik hoe God ’n man kon neem wat glad nie ’n volger van Hom was nie, en sy hart totaal verander het sodat hy een van God se grootste getuies geraak het…  God het Saul met blindheid geslaan, sodat hy kon sien waaroor die lewe eintlik gaan…  Maar God het nie vir Saul gelos toe Saul Hom vervolg het nie…  Hy het groter planne vir hom gehad as wat Saul vir homself gehad het…  God het potensiaal gesien, waar die mense ’n moeilikheidmaker gesien het…
Wat probeer ek sê?  Dit gaan nie oor waar jy begin nie, maar oor waar jy eindig…  En al voel jy dalk ongelukkig of moedeloos oor waar jy jouself tans bevind in jou lewe – dis verseker nie om dowe neute nie!  God het ’n plan – groter as ek en jy, vir JOU lewe!  Hy sal jou situasie tans, gebruik om daarop te bou vir jou toekoms!  Hy het al geweet dat Saul ’n groot getuie vir Hom gaan wees, nog terwyl Saul geestelik blind was…  Wanneer mens vasgevang is in ’n situasie, is dit moeilik om die rede daarvoor in te sien, en mens voel partykeer  “stuck”- asof dinge net nie wil beweeg nie, en jy aan die water trap is…  Mens is TE betrokke en jou oordeel word soms belemmer…  Maar wanneer TYD verloop het, en jy kan terugkyk op die situasie, val die dinge in plek…  God is besig om jou te vorm, soos ‘n pottebakker  klei vorm…  Klei moet gewerk en gebrei word om uiteindelik gevorm te word…  Al voel jy vormloos, doelloos of sonder hoop – God het die eindpunt in gedagte – nie die tussenin fase nie…  Hy is egter saam met jou van die begin, deur die moeilike tussenin en Hy sal sorg dat jy sterk eindig!   Marguerite de Valois se aanhaling is iets wat ek wil hê jy vandag moet glo, en joune maak - “Love works in miracles every day: such as weakening the strong, and strengthening the weak; making fools of the wise, and wise men of fools; favouring the passions, destroying reason, and in a word, turning everything topsy-turvy.”!  God se liefde kan elke dag ’n wonderwerk in jou lewe wees deur jou sterk te maak wanneer jy swak voel,  jou laf te maak wanneer jy verlief is, jou “favour” sal gee wanneer jy jou passie uitleef of jou beste gee, jou sal help om nie alles in twyfel te trek of te bevraagteken nie, maar om te LEWE (voluit!) en in oorvloed!  Make the rest of your life, THE BEST of your life!  Ons het elke dag ‘n keuse – ons kan kies om ongelukkig te wees, of ons kan kies om die blessings in ons eie lewens te tel!  Wanneer mens dankbaar is vir die klein goed, val die groot goed sommer in plek…
 
Blessings!
 
Anelxx

No comments: