Wednesday 17 September 2014

"Faith is taking the first step even when you don't see the whole staircase.” ~ Anonymous

Haloes! J

"Faith is taking the first step even when you don't see the whole staircase.”  ~ Anonymous

2 Corinthians 12:9

“But he said to me, “My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.” Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ’s power may rest on me…”

Ephesians 2:8,9

“For it is by grace you have been saved, through faith—and this not from yourselves, it is the gift of God—not by works, so that no one can boast…”

“Surround yourself with people who are going to lift you higher…” ~ Oprah Winfrey

“Life is going by…  Don’t waste a minute being negative, offended or bitter…  Choose to be happy…” ~ Joel Osteen

Dis baie moeilik om jou weg te probeer vind, wanneer jy nie behoorlik kan sien nie J  Ek weet nie wie van julle al in die donker in ‘n kamer gestap en probeer om te stap sonder om in iets vas te loop?  Of om klere te soek, of net jou pad na die bed te vind – sonder om ander mense wakker te maak?  Alhoewel jou hele omgewing vir jou bekend is, en jy al 100 keer daar geloop het, is omstandighede totaal en al anders as dit donker is…  Jy sal 99 keer van die tyd in iets vasloop, of iets omstamp en dan ‘n groter geraas maak as wat jy net ‘n liggie vir ‘n klein tydjie aangehad het…

Jou lewe is presies dieselfde…  Wanneer dinge donker is, en verkeerd gaan en niks wil uitwerk nie, is dit baie moeilik om met selfvertroue te loop in die donker…  Vrees kan so maklik jou lewe oorneem, en dit kan mens totaal en al verlam…  Dit kan jou lewe oorheers – om heeltyd te worry oor dinge waaroor jy geen beheer het nie…  Ek is seker met hierdie lys is daar iets waarmee elkeen van julle kan identifiseer…    Mens “worry” 99% van die tyd oor dinge wat nooit gebeur nie…  Iets waarby ek probeer lewe die laaste tyd, is dat ek nie bekommerd wil raak VOOR iets gebeur nie…  Vat elke dag soos dit kom, en as probleme of vrese opduik, om dit dan te hanteer…  Dis nie altyd so maklik nie   Al wat ons kan doen is om te weet waar ons krag lê, en te glo dat God weet hoe die dinge moet uitwerk, en dat Hy ook weet wat Hy vir ons lewens beplan…  God het ‘n manier om die detail te laat uitwerk, sonder ons hulp…  Al wat Hy van ons vra, is dat ons sal vertrou,  dat Hy ons hand sal vat in die donker, en ons sal lei – dat ons, ons voet nie teen ENIGE klip sal stamp nie…

Blessings!

anelxx

 

No comments: