Tuesday 30 September 2014

“Difficult roads, often lead to beautiful destinations…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Difficult roads, often lead to beautiful destinations…” ~ Unknown
 
Psalm 62:6
 
“Truly he is my rock and my salvation;  he is my fortress, I will never be shaken…”
 
Matthew 11:28-30
 
“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest. Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls. For my yoke is easy and my burden is light.”
 
“Let’s pause a minute and enjoy the view”, the guide said as the hikers stopped for breath on a nature walk at the Grand Canyon.  Everyone gasped in awe at the splendor spread below...  The huff-puff of the steep mountain trail robbed the procession of a chance to see the cathedral like monuments...  time had carved along the way...  “Were those formations there when we passed?” one of the tourists teased.  The guide nodded seriously. ‘They were.  But in our struggle to reach the top we missed the view...  Guilty as charged.  Are we in such a rush to climb the ladder of success that we never look over our shoulders?  So we reach the top...  we bump our heads on the very ceiling of achievement?  How sad to realize one day that the rush to a destination robbed  us of the joy of travelling...”  ~ June Masters Bacher (The Quiet Heart)
 
Ek gesels nou die dag met iemand wat sê: ‘Die dae gaan so vinnig...  Voor jy jou kom kry, is dit weer Vrydag...’  Die beeld wat by my opkom as ek dink hoe gejaagd die lewe geraak het, is soos ‘n hamster in sy hamster wielietjie...  Jy moet aan die hardloop bly, om die wiel aan die draai te hou.  Ons weer, moet aan die hardloop bly om al die “balle wat ons juggle” bo te hou...  Sodra ons ophou hardloop, val dit grond toe, wat gewoonlik kan lei tot katastrofiese gevolge...  Ons skeep iets af – of dit nou ons werk, ons familie en geliefdes, of baie keer God is... 
 
BALANS...   Dis wat ons nodig het om ‘n lewe van invloed en ‘n lewe wat waarde kan toevoeg te lei...  En om balans te kry, kan ons nie heeltyd aan die hardloop bly nie...  JY is die argitek van jou eie lewe...  God het aan jou ‘n wil gegee, sodat jy besluite kan neem...  Om balans te kry moet ons begin deur vir God as ons middelpunt te vestig...  Dat Hy die begin is van ons dag, en dat ons ons dag saam met Hom afsluit...   Volgende moet die “boundaries” uitgestippel word...  Die balle wat jy in die lug probeer hou, is baie keer verantwoordelikhede of verpligtinge wat jy op jouself geneem het...  Ons moet leer om NEE te sê...  Die woordjie TE pas net by TEVREDE...  Alles wat TE veel tyd vat, is dit wat jou lewe uit balans uitgooi...  Maak seker dat die dinge wat jou lewe volmaak, dinge is wat waarde vir jou, en vir die mense rondom jou toevoeg...  As dit dinge is wat jou leegtap, sny dit af!  Die lewe is klaar hard en moeilik genoeg, vir jou om nog addisionele take, onnodige dinge of dinge wat jou ongelukkig maak, op te neem... 
 
Voor jy nou van die mail vergeet en weer aan die hardloop gaan op jou hamster wiel, maak seker dat jy iewers vandag ‘n tydjie maak, om na te dink oor hierdie dinge...  Is jy tans so moeg dat jy nie meer weet hoe om verder te gaan nie?  Is jy op van al die verpligtinge, en moeg om ‘n voltydse "juggler" te wees?  Praat met God, bid vir wysheid, en dat Hy aan jou die krag sal gee om die nodige veranderinge in jou lewe te maak...  Al is dit net om partykeer nee te sê – sodat jy jou lewe kan maak – een van balans, een waar jy die “scenery” kan geniet terwyl jy “op toer is”...  Dis jou LEWE wat jy NOU LEEF...  Die lewe is nie iets wat nog oppad is in die toekoms nie...  Ons moet NOU die meeste maak daarvan...  Nie te moeg wees, dat ons op al die goeie en die mooi dinge uitmis nie...  As God jou middelpunt is, kan die ander dinge nie anders as om in plek te val, sodat jou lewe, op die ou end balans kan kry nie...
 
Mag jy 'n pragtige dag he!  Mag God strome van seen oor jou uitstort!!
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: