Sunday 7 September 2014

“Those who leave everything in God’s hand will eventually see God’s hand in everything…” ~ Unknown

Haloes! J 

“Those who leave everything in God’s hand will eventually see God’s hand in everything…” ~ Unknown

Isaiah 40:28-31 

“Have you not known? Have you not heard? The LORD is the everlasting God,   the Creator of the ends of the earth. He does not faint or grow weary; his understanding is unsearchable. He gives power to the faint, and to him who has no might he increases strength. Even youths shall faint and be weary, and young men shall fall exhausted; but they who wait for the LORD shall renew their strength;   they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary;   they shall walk and not faint…”

Exodus 15:2

“The LORD is my strength and my song, and he has become my salvation; this is my God, and I will praise him, my father’s God, and I will exalt him…”

“When something comes easily to you, it is your Gift…  Use it to help others and honor God…” ~ Diana Hagee

“You were put on earth to make a contribution…  God designed you to make a difference with your life…” ~ Rick Warren

Ek weet nie hoe baie van julle al situasies beleef het waar julle gewens het –dat jy net die tyd kon FAST FORWARD, sodat jy oor ‘n paar weke of ‘n jaar kan terugkyk op jou huidige situasie en in ‘n posisie te kan wees om dan daaroor te kan lag J  Of miskien word jy tans gekonfronteer met besluite – iets soos ‘n vurk in die pad, en weet jy REGTIG nie meer watter kant toe nie…  Dit voel dalk of jy bid, maar of daar net nie antwoorde kom op jou gebede nie…  Die “FAST FORWARD” situasies, is gewoonlik tye wanneer dinge verkeerd gaan of wanneer ons met moeilike situasies gekonfronteer word, en wanneer dinge net absoluut deurmekaar voel… 

Die “unknown” aanhaling is vir my VOL waarheid!  Die duiwel plant daagliks saadjies van twyfel – VERAL wanneer mens deur moeilike tye gaan…  Deur die twyfel te saai, laat Hy ons twyfel aan God – en tot WAT God alles in staat is!  MAAR, ons kan soos met BAIE getuienisse in die Bybel, WEET dat God nog ALTYD by Sy kinders was!!  Al het ons al VREK baie tye van moeilikheid deurgemaak, en al wonder ons dalk elke keer of ons daardeur gaan kom – die feit dat jy hierdie lees vandag is ‘n BEWYS dat jy dit AL deur die vorige moeilike tye gemaak het!!  En dat God jou die krag gegee het om deur dit te kom, en die lewe VOLUIT en VIERKANTIG in die oë te kan kyk!!!  Ons kan rus in die wete dat soos ‘n advokaat vir sy kliënt baklei, so baklei God ELKE dag vir ons…  Die belangrikste is om nie te gaan lê nie, maar om saam met God te veg…  God sal sorg vir die oorwinning – jy moet net sterk staan in jou geloof, en jou vertroue in Hom plaas!  Al hoe ons kan sterk staan wanneer die duiwel ons probeer aanval, is om op ons knieë te gaan, en ons situasies in God se hande te sit!!  God stap vandag voor jou, om die pad gelyk te maak, agter jou om jou op te help as jy mag val...  Langs jou, om 'n helpende hand te verleen, onder jou, om jou te dra indien jy nie verder kan nie...  Sit jou situasie in God se hand…  Hy wat nog altyd getrou was, sal jou nie nou teleurstel nie…

Blessings!

anelxx

No comments: