Monday 8 September 2014

“A negative mind will never give you a positive life…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“A negative mind will never give you a positive life…” ~ Unknown
 
James 1:3
 
“For you know that when your faith is tested your endurance has a chance to grow…”
 
1 Samuel 30:6 
 
“And David was greatly distressed, for the people spoke of stoning him, because all the people were bitter in soul, each for his sons and daughters. But David strengthened himself in the LORD his God…”
 
“Holding a grudge is letting someone live rent-free in your head…” ~ Unknown
 
“I may not be where I need to be, but thank God I’m not where I used to be…” ~ Joyce Meyer
 
Ek het skemertyd gesit en gedink – daar is NOOIT ‘n tyd wat die hele wêreld in donkerte gehul is nie?!  Wanneer die son op een plek sak, is die son weer besig om iewers anders op te kom!  Met ons lewens is dit dieselfde – dit kan dalk vir jou donker voel in jou eie lewe op die stadium…  Miskien is jy in ‘n onbevredigende werk, verhouding, huwelik…  Of miskien sukkel jy om maand vir maand deur te sien finansieel, en maak nie saak wat jy doen nie, uitkoms wil net nie kom nie…  Miskien is jy werkloos en wil die regte werk net nie na vore kom nie, of miskien is jy siek, en sukkel jy om lig te sien aan die einde van die tonnel…  Miskien is jy eensaam of voel jy totaal en al alleen, al is jy omring deur baie vriende / familie of mense…
 
Hierdie dinge is als dinge wat ons lewensvreugde, oftewel JOY kan steel…  Dit kan ons vul met negatiwiteit, en maak dat ons dag vir dag net die slegte dinge raaksien, omdat ons, ons fokus daarop plaas…  “The Joy of the Lord is my strength…”  God is my en jou sterkte!  Hy sal ons kom vul met ‘n innerlike vrede, en geluk wat nie in die wêreld gevind kan word nie…  Om gelukkig te wees, beteken ook nie om NIE probleme te hê nie, dit beteken net om God in beheer te stel van daardie probleme en dit nie self te laat probeer uitsorteer nie!  Wanneer jy jou lewe in God se hande plaas, is daar EINDELOSE moontlikhede van watter rigting jou lewe kan inslaan!!  As jy dalk jouself op ‘n afdraend of skerp opdraend bevind op die oomblik – gee die stuurwiel in God se hande!  Hy kan ENIGE tyd jou ‘n u-turn laat maak, en EINDELOSE moontlikhede oor jou pad laat kom!
  
Onthou – die klein dingetjies in die lewe, is wat geluk bring!  Nie die groot goed nie…  ‘n Vriendelike glimlag of spesiale herinneringe wat saam met vriende en familie gemaak word…  Geld kan sulke dinge nie koop nie…  Laat God toe om jou JOY te herstel vandag…  Laat Hom toe om jou te kom vul met nuwe krag wat jy nodig het vir die laaste stuk van die jaar…  Hy het jou nog nie ‘n oomblik verlaat nie – Hy stap nog HEELTYD langs jou…  Hy sal jou ook hierdie laaste stukkie van die jaar dra as jy nie meer kan nie…  Bid net, sit jou lewe in Sy hande…  Hy sal jou nie teleurstel met wat Hy vir jou beplan nie!!
 
Blessings!
 
anelxx
 

No comments: