Wednesday 10 September 2014

“Don’t drown in the details of your circumstances… Let the facts of God’s word become the PROMISE that you stand on…” ~ Pastor Matthew Hagee

Haloes! J

“Don’t drown in the details of your circumstances…  Let the facts of God’s word become the PROMISE that you stand on…” ~ Pastor Matthew Hagee

Deuteronomy 31:6 

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

John 16:33 

“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world.”

“Between the vision and the provision we must be patient! We must abide before He will provide…” ~ Pastor Matthew Hagee

“Worry sees the problem, but faith sees the God that can handle the problem…” ~ Joyce Meyer

Hierdie volgende stuk, is ‘n gedagteki op sy eie…  Ons raak so baie keer vasgevang in ons situasies, dat dit vir ons mag lyk asof dit totaal en al verby is vir ons (skaakmat) – maar uit die onderstaande KAN ons FAITH hê dat God ALTYD die laaste sê het…  Hy sal vir ons sorg – sodat ons die regte skuif, op die regte tyd sal maak…

SKAAKMAT

Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar 'n skildery met die titel "skaakmat". Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak-opponent uittroon, omdat hy sy opponent se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as 'n jong man, sy kop gebuig in vernedering - hy's verslaan en verslae. Sy gesig is vertrek van pyn - en die Satan lag oorwinnend. Daar's 'n paar stukkies oor op die skaakbord en die woord "Skaakmat" staan oor die skildery geskryf.

'n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy vir lank die prent net en bekyk. Toe hy skielik lewe kry en begin uitroep: "dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!"  Ander mense in die gallery het kom kyk wat aangaan. Wat is die leuen vra hulle terwyl hy aangaan om dit uit te roep. Die Kurator van die museum daag op. "Meneer is hier 'n probleem, kan ek help" Die man kyk die kurator in die oë en sê: "Ek is die Franse skaakkampioen - ek sê vir jou dit is 'n leuen!". Die kurator was nog steeds verward - wat is 'n leuen?

Die man wys na die skaakbord en sê: "die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie, dit is 'n leuen, dit is nie skaakmat nie, die koning het nog 'n skuif!"

 ·        'n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisende mense. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op.

 ·        'n Man met die naam Daniël word gegooi in 'n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!

 ·        Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy's al drie dae dood. Die graf ruik sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die koning het nog 'n skuif oor!

 ·        Die vrou by die put, moet deur mans met klippe doodgegooi word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die koning het nog 'n skuif oor.    "Gaan en moenie langer sondig nie!"

 ·        Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor, vandag sal jy saam met my in die paradys wees.

 ·        Op Goeie Vrydag word die Lam geslag. Die mense skreeu veroordelend - Kruisig Hom, kruisig Hom. Hulle spot Hom en slaan Hom. Hulle spoeg hom en kap Hom met spykers vas aan 'n kruis. Jesus skreeu met 'n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit:  “Eloi, Eloi lama sabagtani - my God, my God waarom het U my verlaat". Eenkant staan mense en sê: Ja ander kon hy red, maar Homself kan hy nie red nie. Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe - Satan leun smalend oor die skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom opstanding Sondag en ek en jy weet. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!

Die land is in 'n gemors. Moorde vind orals plaas. Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hul werke, huise, huwelike, lewens, self respek, waardes, morele, harte en verstand.. Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop, jy roep.. Jy huil, jy lag, jy raak kwaad.. Jy voel leeg. Jy voel verlore. Jy soek jou voetspore, maar vind verdwaalde paaie. Satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil, trek die sneller, gee daai tree oor die rand... Vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan.

 Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens, vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou omstandighede, vrees vir more, vrees vir die herinnering van gister, vrees vir die omstandighede van vandag.  VREES... Maar vandag wil ek vir jou se, die spel is nie oor nie!! Die Koning het nog 'n skuif oor!!! ~ Forward mail 

Blessings!

Anel xx

No comments: