Thursday 4 September 2014

“Don’t ever quit on God, because He will never quit on you…” ~ Joyce Meyer


Haloes! J
 
“Don’t ever quit on God, because He will never quit on you…” ~ Joyce Meyer
 
John 14:27
 
“Peace I leave with you; my peace I give you. I do not give to you as the world gives. Do not let your hearts be troubled and do not be afraid…”
 
James 1:12
 
“Blessed is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love him…”
 
“Don’t be afraid of your flaws; acknowledge them and let God use you anyway…  Quit worrying about what you’re not and give God what you are…” ~ Pastor John Hagee
 
“The only way to make sense out of change is to plunge into it, move with it, and enjoy the dance…”
 
Is jy in, of is jy uit?  As jy ‘n besluit geneem het, sien jy dit deur, of kies jy partykeer die maklike “agterdeur” as ’n uitweg?  Commitment…  Dis ’n onderwerp wat my baie na aan die hart lê…  “When the going get’s tough…” Wanneer dinge nie maanskyn en rose is nie, of nie loop soos beplan nie…  Druk jy deur, en bly jy “committed” aan jou doelwit?  Aan jou projek?  Aan jou verhouding?  Aan jou huweliksmaat?  Of nog meer algemeen…  Is jy iemand van jou woord?  Iemand op wie mense kan staatmaak?  Of belowe jy te maklik, en trek dan later kop uit? 
 
Die lewe is nie “straight forward” en loop nie altyd soos wat mens hoop, of beplan nie…  Wat mens deurtrek op die einde, is of jy WEET in WIE jou geloof gewortel is…  Want as God jou basis is, kan jy nie bly lê wanneer moeilikheid oor jou pad kom nie – jy sal ‘n “soft landing” tot in Sy arms hê, en Hy sal jou optel wanneer jy val…  Ons commitment aan God en aan mekaar, is wat aan ons karakter gee…  Die storie van die slawe aan wie sy eienaar geld gegee het om mee te woeker (In Lukas 19), sluit vir my mooi hierby aan…  Twee van die slawe het gaan woeker met die geld, en dit nog meer gemaak en die derde het die geld gaan wegbêre tot sy eienaar terugkom, en dit netso aan hom teruggegee…  Die twee wat gaan woeker het, was COMMITTED om ’n verskil te maak, en hul drome na te jaag…  Hulle sou nie opgee nie…  As hulle die geld verloor het, sou hulle ten minste kon rus in die wete, hulle het probeer, hul  bes gegee, en alles gedoen wat hulle kon…   Die derde, wou net nie die kans vat nie, was BANG vir verwerping, vir verloor, vir onsusksesvol wees…
  
Hoe baie is ons nie PRESIES soos hierdie derde slaaf nie…  Ons wil nie commit tot ons drome, doelwitte, werke, skoolwerk, swotwerk, vriende, verhoudings, huweliksmaats ens nie, omdat ons bang is ons kry seer in die proses of nog erger, "wat as ons misluk"…  Joyce Meyer se aanhaling is GOUD…  Opgee, of QUIT, moenie eers in ons woordeskat bestaan wanneer ons dinge aanpak nie…  Jy het vir God aan jou kant – die Koning van die Heelal!  Hy sal NOOIT op jou Quit nie… Met Hom, is daar GEEN LIMIET op tot wat jy in staat is, deur Sy krag en genade wat deur jou werk nie…  Daar moenie ’n moontlike agterdeur wees wat oopgemaak kan word nie…  As Christene, moet ons woord, ons woord wees…  Selfs in die klein dingetjies, soos om ’n afspraak na te kom wanneer ons gesê het ons sal daar wees…  As mens getrou is in die klein dingetjies, kan jy getrou wees in die groot dinge…  As mens nie eens die klein dingetjies kan doen met groot liefde nie, hoe gaan ons dit regkry om getrou te wees in die groot goed?  Want as ons Jesus se hande en voete op aarde wil wees, moet ons bereid wees, om COMMITTED tot God se woord te wees, deur LIEFDE te leef…  Liefde aan God, en liefde aan mekaar…  God is GROTER, as jou dag wat voor jou lê…  Hy is groter as daardie uitdagings wat jou bors laat toetrek…  Vat ‘n “leap of faith”, wees committed aan die dinge wat jy aanpak, die mense in jou lewe en VERTROU GOD!  Hy sal jou NIE teleurstel nie… Tikkie inspirasie vir jou wat dit nodig het:  Isaiah 41:13: For I am the LORD, your God, who takes hold of your right hand and says to you, Do not fear; I will help you…”
 
Blessings!
 
Anelli**

No comments: