Haloes! :)
“Victory is always
possible for the person who refuses to stop fighting.” ~ Napoleon Hill
Matthew 11:28-29
“Come to me, all who labor and are heavy laden, and I will
give you rest. Take my yoke upon you, and learn from me, for I am gentle and
lowly in heart, and you will find rest for your souls…”
John 16:33
“I have said these things to you, that in me you may have
peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome
the world.”
“The road to success
is dotted with many tempting parking places.” ~ Author Unknown
“When obstacles arise,
you change your direction to reach your goal, you do not change your decision
to get there.” ~ Zig Ziglar
Ek weet nie wie van julle al ‘n elektroniese impliment wat
op battery krag kan werk, gebruik het bv ‘n laptop, kamera ens, net vir die
item om net 5 minute te werk en daarna die gees te gee nie... Dis “daardie picture perfect” oomblik en dan
kan jy dit nie vasvang op kamera nie, of die aller belangrike taak of
aanbieding wat jy moet doen op jou rekenaar, maar die battery lewe laat jou op
die mees kritiese oomblik in die steek...
As jy in die genoemde situasies nie toegang het tot vars batterye vir
jou kamera, of ‘n kragtoevoer vir jou rekenaar het nie, kan jy nie voortgaan om
te laat gebeur wat moet gebeur nie...
Daardie items is waardeloos vir jou, sonder die “iets” wat dit laat
werk...
Sonder Jesus wat vir ons aan die kruis gesterf het, is ons
ook “waardeloos”... Ons sou dan ‘n lewe
probeer leef het, net om in ‘n graf op te eindig eendag... Ons sou swaarkry moes verduur, sonder die
hoop op ‘n Ewige lewe... As Jesus in die
graf agtergebly het, sou ons ook geen hoop vir môre kon hê nie... Die feit dat Jesus vir ons gesterf het, het
Hy daardeur vir ons nuwe hoop kom gee...
Hy het daardeur vir ons nuwe krag, nuwe hoop en nuwe lewe kom gee vir
die dag van môre... Moenie dat
moeilike dinge in die lewe jou so tap, dat jy geen krag het om die dag van môre
aan te pak nie... Maak tyd om by God en
Sy woord stil te raak dat Hy weer jou reserwes vir jou sal vul met nuwe
krag... Lewe ‘n lewe van afwagting,
want jy kan verseker weet vanoggend – as jy vir Jesus aanvaar het in jou lewe,
SAL JOU LEWE NIE by die dood eindig nie...
As Jesus jou Saligmaker, Verlosser en Pa is, sal die lewe hier op aarde
net ‘n inleiding tot ‘n ongelooflike lewe("storie") wees...
Raak sommer nou stil by God en laat Hom toe om jou battery
te laai voor hierdie nuwe dag begin...
Dat jy nie ‘n pap battery sal hê nog voor hierdie dag begin nie...
Blessings!
Anel xx