Haloes!
J
“What
you are is God's gift to you, what you become is your gift to God.” ― Hans Urs
von Balthasar, Prayer
Ephesians
3:20
Now
to him who is able to do far more abundantly than all that we ask or think,
according to the power at work within us…
Philippians
4:13
I
can do all things through him who strengthens me.
In
Derde Laan staan 'n klein huisie met 'n pragtige roostuin en 'n groot
populierboom. Dit is hier waar Theo en
sy ma gebly het. Hulle het alleen daar
gebly, want sy pa is jare gelede al oorlede.
Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder. Theo se ma het nie een van sy rugbywedstryde
misgeloop nie. Of dit nou mooiweer of
stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se ma was daar. Sy was haar seun se grootste aanhanger. Ironies, Theo het nooit in 'n wedstryd
gespeel het nie; hy was altyd die reserwe. Ná elke wedstryd was sy ma se woorde: "Miskien speel jy volgende keer my
kind." Dan het sy altyd met haar
arm om Theo se skouers daar weggestap.
Sonder
enige druk van sy ma se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste
by elke oefening gegee. Hy het egter
deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want - omdat die
skool klein was - het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad. Maar sy ma het steeds getrou al die wedstryde
bygewoon. Dit was voor een van die laaste
wedstryde in sy matriekjaar dat 'n tragedie Theo tref. Sy ma is skielik dood. Dit was vir hom 'n baie groot skok.
Hy het die afrigter gevra om dié week van die oefeninge verskoon te
word. Die afrigter het vir hom
gesę: "Theo, neem soveel tyd as wat
jy wil, want dis 'n groot verlies wat jou getref het." Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy
rugbyklere by die wedstryd op. Hy gaan
staan voor die afrigter en pleit-vra:
"Meneer, kan ek asseblief vandag speel?" Die afrigter het gevoel dat hy met so 'n
belangrike wedstryd nie kon bekostig om 'n swak speler in te span nie, maar
besluit toe tog om hom te laat speel. Hy
het geredeneer: Hoeveel jare lank oefen
hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy ma dood. Ek sal hom 'n kans gee… Theo speel fantasties en druk selfs die
wendrie. Na die tyd stap die afrigter na
Theo: "Waar het jy al die tyd
hierdie talent gebęre? Jy was
briljant." Theo het met trane in sy
oë gesę: "Meneer, my ma is in die
hemel. Meneer weet sy het getrou al die
wedstryde bygewoon, al was sy blind.
Wel, vandag was die eerste keer dat sy my kon sien speel. Ek wou vir haar wys . ek kán speel!" ~ Forward email
God
het aan elkeen vir ons “geskenke” oftewel “gawes” gegee, die dag toe ons gebore
is… Ek dink baie mense gaan deur hulle
hele lewe sonder om al hul Godgegewe gawes te ontdek, en te ontwikkel. Miskien vrees jy om te ontdek wat werklik in
jou steek omdat jou aardse ouers jou nog altyd vertel het watse mislukking jy
is… Of dat niks wat jy doen, ooit goed
genoeg was nie… Miskien vrees jy om te
word wat God jou bestem het om te wees, want - wat as ek dalk “fail along the way”? Miskien het jou aardse ouers net nie minder
omgegee nie, en jou nooit aangemoedig om die moeiliker pad te vat, harde klippe
te kou, die uitdagings van die lewe vierkantig in die oë te kyk en met
deursettingsvermoë en vasbyt aan te durf nie…
As dit dalk jy is – dis NOOIT te laat om drome na te jaag, of ‘n
onmiddellike verskil in jou lewe te maak, deur jou gawes te benut nie… Daar is kursusse by die kerk / op die
internet wat jy kan doen om jou gawes te identifiseer… En jy kan met SEKERHEID weet… Soos Theo se ma by ELKE wedstryd was, en hom
ondersteun en aangemoedig het, alhoewel sy nie kon sien nie, en alhoewel hy ook
nie ‘n wedstryd gespeel het nie – SO staan God DAAGLIKS agter jou… Hy BACK jou met alles wat jy aanpak! Hy is jou grootste ondersteuner, en Hy sal
jou van die krag voorsien vir die daaglikse uitdagings wat jy moet aanpak… Moenie dat daar limiete op jou lewe geplaas
word deur die woorde / uitsprake van MENSE nie…
God glo in jou, soos GEEN mens nog in jou geglo het nie… Hy staan reg om jou te ondersteun… Bid net, glo net en vertrou net…
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment