Haloes :)
“Time is too slow for those who wait, too swift for those who fear, too
long for those who grieve, too short for those who rejoice, but for those who
love, time is eternity...” ~ Henry Van Dyke Quotes
James 1:5-6
If any of you is lacking in wisdom, ask God, who gives to
all generously and ungrudgingly, and it will be given you. But ask in faith,
never doubting, for the one who doubts is like a wave of the sea, driven and
tossed by the wind…
1 Peter 5: 7-10
“Cast all your anxiety on him, because he cares for you.
Discipline yourselves, keep alert. Like a roaring lion your adversary the devil
prowls around, looking for someone to devour. Resist him, steadfast in your
faith. . . . And after you have suffered for a little while, the God of all grace,
who has called you to his eternal glory in Christ, will himself restore,
support, strengthen, and establish you…”
As ek my lewe kon oorhê...
Sou ek my vriende meer dikwels oorgenooi het, al was my tapyte vol
kolle... Sou ek springmielies in my
netjiese sitkamer geeet het... Ek sou baie minder gestress het oor die gemors
wat ek moes skoonmaak na 'n lekker kaggelvuur... Ek sou nooit weer op 'n pragtige somersdag
daarop aandring dat die motor se venster moet toe wees, sodat my netjiese
haarstyl nie moet verwaai nie... Ek sou
daardie geskenk-kers in die vorm van 'n roos laat brand het, voordat dit,
weggepak in die kas van die warmte begin smelt het... Ek sou meer saam met my kinders op die gras
gesit het, sonder om my te
bekommer oor die groen grasvlekke op my klere... Ek sou minder gelag of gehuil het, terwyl ek
televisie kyk en dit eerder wou doen, omdat ek na die lewe self gekyk het... Ek sou bed toe gaan wanneer ek siek voel,
eerder as om te dink dat die wêreld sou vergaan as ek nie een dag op my pos is
nie... Ek sou nooit, wanneer my kinders
vir my impulsief 'n drukkie wou gee gesê het: "Nie nou nie my skat. Gaan was gou jou hande, dis amper etenstyd nie..." Ek sou baie meer gesê het: "Ek het jou lief... en Ek is jammer..." As ek weer 'n kans
gekry het, sou ek elke kosbare oomblik van my lewe
waardeer... Kortom: Ek sou elke uur vasgryp, behoorlik daarna kyk
en leef... Ek sou my minder bekommer het
oor die mense wat nie van my hou nie, en my hart voluit gegee het vir die wat
wel vir my omgee... Ek sou God werklik
meer gedank het, vir elke dag se vreugde en genade..." ~
Onbekend
Vandag, 11 Jaar gelede is die
mensdom se lewens vir altyd verander… Deur die wreedheid van mense wat jare se
beplanning tot uitvoer laat kom het… Elke jaar op 11 September, onthou ek
daardie verskriklike dag… Ek dink meeste
van ons sal onthou waar ons was toe jy daardie nuus gehoor het… ‘n Dag, wat ons wat nie betrokke was nie,
nooit werklik sal verstaan nie… Maar
dink jou in… "Wat as", jy vanoggend, jou
geliefdes vir die laaste keer gegroet het met jou en hulle vertrek werk toe… Of miskien is jy uit die huis uit nog voor
jou geliefdes ontwaak het… Miskien het
jy gisteraand kwaad gaan slaap, en vanoggend nog nie verder gepraat nie… Hierdie stuk hierbo laat mens net opnuut weer
besef waaroor die lewe gaan… Dis soveel
meer as wat ons dit daagliks maak… Ons
vat baie keer spesiale mense, en gawes van God “for granted”… Ons kyk vas in al die slegte dinge van die
lewe, en kyk dan verby al die goeie dinge waarmee God ons ook bless… Al is dit klein dinge soos die sonskyndag, of
die kind wat by die kafee vir jou lag…
Ons vergeet om te sê dat ons
mekaar liefhet of vergewe… Ons
ingesteldheid raak gebasseer op wêreldse dinge, en nie ewigheidsdinge nie… Ons worry oor of mense van ons hou, of “wat
as”… Daar is soveel moontlike scenario’s
vir die “wat as” siekte, om toe te slaan, maar ek wil jou vandag vra – “wat as”
God vir jou goeie kaarte in Sy hand hou…
Ons moet die beste moontlike spel speel met daardie kaarte wat in ons
hand is… Kom ons plak hierdie – "as ek my
lewe kan oorhê" - iewers op – as herinnering van wat HUIDIGLIK IS… Waar ons, onsself bevind… Waaraan ons nog daagliks ‘n verskil kan maak… Moenie spyt wees oor hoe jy mense behandel
het nie en hoe jy jou lewe geleef het nie...
Laat mense jou onthou vir hoe VOLUIT jy geleef het, selfs al was die
kaarte wat aan jou gedeel was, maar sleg…
God kan jou slegte kaarte, in iets ongeloofliks omskep… Jy moet net bereid wees om jou hand aan God
te gee – en Hom toe te laat om die skuiwe te maak…
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment