Wednesday, 5 September 2012

“Life is like riding a bicycle. To keep your balance you must keep moving” ~ Albert Einstein


Haloes! :)

“Life is like riding a bicycle. To keep your balance you must keep moving” ~ Albert Einstein

Philippians 4:19

“And my God will meet all your needs according to the riches of his glory in Christ Jesus…” 

Proverbs 3:5-6

“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways submit to him, and he will make your paths straight…”
  
“Work, love and play are the great balance wheels of man's being” ~ Orison Swett Marden quotes 

"Die gebalanseerde man,  is die een wie se gedagtes en visie met vlerke vlieg, maar wie se voete op die rotse van realiteit bly..."  ¬ JA Rozenkrantz

'n Gebalanseerde lewe, is die sleutel na geluk...  My ma hulle sê altyd, TE, pas net by TEVREDE...  Dit is baie moeilik om 100% volharding op elke gebied van jou lewe te gee, as jou tyd nie reg geinvesteer word nie...  Ons moet 'n balans handhaaf tussen godsdiens, werk, familie, liefde, oefen, vriende ens ens...  As een van hierdie afdelings 'n groter persentasie tyd gaan opneem as wat dit moet, GAAN een van die ander dele in jou lewe daaronder ly, want jy gaan gevolglik MINDER TYD daarvoor he...

Hoe dan nou?  Ek het hierdie afgelope twee weke net weer opnuut besef HOE kort die lewe is...  Dat ons werklik DIE BESTE moet maak van elke oomblik wat ons lewe...  Ons moet 'n besluit /  'n keuse gaan maak oor wat vir ons belangrik is in die lewe...  Moenie dat jy so vasgevang raak in jou werk - dat jy niks tyd oor het vir ENIGE iets anders nie...  ek het die storietjie gehoor van 'n ou wat net vir sy werk gelewe het...  Tot die dag met sy aftrede het hy net gewerk om sukses te behaal, en geld te maak...  Die dag toe hy aftree, het hy niks gehad om met al hierdie tyd te doen nie...  Hy het homself nooit die luxury van vriende toegelaat nie...  Ook nie liefde nie...

Moenie dat die lewe by jou verbygaan omdat jy te gefokus is op aardse dinge nie...  Met dit se ek NIE - jy moet jou werk afskeep nie!  Ambisie en strewe na doelwitte is belangrik, maar moenie dat dit jou nommer een rede vir bestaan raak nie...  Laat toe dat God jou bless met vriende en liefde...  Bid dat God jou sal help om gebalanseerd te wees, sodat jy nie op ENIGE iets waarmee Hy jou wil seen, sal uitmis nie!

blessings!

anelli**

No comments: