Haloes! J
“Never give up on something you really want… It is difficult to wait, but more difficult
to regret…” ~ Unknown
James 1:17
“Every good and perfect gift is from above, coming down from
the Father of the heavenly lights, who does not change like shifting shadows…”
Romans 8:28
“And we know that in all things God works for the good of
those who love him, who have been called according to his purpose…”
“It is better to look back on life and say: “I can’t believe
I did that…” than to look back and say: “I wish I did that…” ~ Unknown
“Good things come to those who wait…” ~ Unknown
Ek het verskriklik baie geduld, maar om te WAG, is vir my een
van die moeilikste goed in die wêreld…
Bv Om te wag in ‘n ry by die supermark; Om te wag vir iets waarna jy
baie uitsien; kleintjies wat moet wag vir hul verjaarsdag geskenke of
kersgeskenke; of wanneer jy haastig is, en wanneer jy bestuur dan daardie
ONGELOOFLIKE geel bord sien waarop staan:
ROADWORKS – waiting time 15 – 30 minutes… Dis genoeg om ‘n mens se bloeddruk behoorlik
die lug in te jaag…
Hierdie is sommer klein skippies in vergelyking met die
dinge waarmee ons daagliks te doen kry… Finansiële
moeilikheid, verhoudings wat verbrokkel, werk bevordering wat jou net bly
ontduik, onpopulariteit by die skool, siekte wat jou op jou knieë hou; of drome
wat jy sukkel om te bewaarheid, vanweë die feit dat jy nie die nodige
hulpbronne; tyd of geleenthede aan jou kant het nie… Daar is ook baie geleenthede wat daagliks oor
ons pad kom, wat ons verby laat gaan omdat ons te bang is om ‘n kans te vat… In al hierdie genoemde omstandighede is dit
partykeer baie moeilik om te wag… Die
lewe sou baie makliker gewees het as ons
geweet het wat vir ons voorlê en wat die dag van môre vir ons gaan inhou… Dit sou ook baie boring gewees het J Geen verrasings; geen uitdagings om jou te “challenge”
om uit te styg en nog groter hoogtes te bereik nie… Dink gou aan dinge waaroor jy spyt is in jou
lewe… Hoeveel van die dinge waarin jy
gedink het, is vanweë die feit dat jy nie voluit gelewe het nie? Soos daardie "famous saying" is - Mens is meer spyt oor dit wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het... As daar dinge is wat jy WERKLIK graag wil hê –
BID en WAG en RUS in wat God vir jou het…
As die dinge wat jy graag wil hê, nie in God se wil is nie – sal Hy
steeds vir jou antwoord – al is die antwoord nee… Ek het ook al gevind dat wanneer God NEE sê,
het Hy gewoonlik REEDS iets in daardie droom se plek vir jou… Ons FAIL net om dit raak te sien, omdat ons
gewoonlik so kyk na die verlore geleentheid, dat ons nie die nuwe moontlikhede
wat voorkom raaksien nie… Ek bid dat God
jou oë sal oopmaak vir al die goeie dinge in jou lewe… Vir al die geleenthede wat reeds in jou lewe
is, wat jy NET moet aangryp… En vir die geduld
om in God te rus totdat Hy aan jou die antwoorde gee op die vrae van jou hart…
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment