Monday, 3 September 2012

“It’s not who you are that holds you back, it’s what you think you are not…” Attributed to Hanoch McCarty


Haloes! :)

“It’s not who you are that holds you back, it’s what you think you are not…”  Attributed to Hanoch McCarty

Deuteronomy 7:9
“Know therefore that the LORD your God is God, the faithful God who keeps covenant and steadfast love with those who love him and keep his commandments, to a thousand generations…”

Deuteronomy 31:6
“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you...”

 “It ain’t what they call you, it's what you answer to...” ~ W.C. Fields

“Confidence comes not from always being right but not fearing to be wrong” ~ Unknown

As ek vir jou nou vra – som jouself in 5 woorde op…  Wat is die woorde wat jy aan my sal gee?  Spontaan, selfversekerd, positief, leier, hardwerkend?  Of het ander woorde by jou opgekom soos:  swak, gebroke, depressief, alleen, negatief?  Hierdie aanhaling wat opgedra is aan Hanoch McCarty is ‘n baie groot waarheid!  Ons word teruggehou in die lewe nie vanweë ons vermoëns nie, maar vanweë ons dunk oor onsself…  Ons maak onsself wys – ek is defnitief nie mooi, of maer genoeg, goed genoeg gebou, dat mense van my moet hou nie…  OF, ek is nie so slim soos Pietie in my klas  nie, so ek gaan maar nie mik vir die top 10 nie, want ek gaan dit in elk geval nie kry nie…  OF, my baas hou nie so baie van my soos Bettie nie, so ek gaan nie eens probeer om hard te werk nie, want dit gaan in elk geval geen verskil hê nie… Ek is siek, so wat is die punt – hoekom probeer?

Die paralimpiese atlete is weereens vir my ‘n inspirasie, want jy kan sien – as hulle nie geglo het in hulself nie – nie ‘n PERFEKTE HUMAN BEING gesien het as hulle in die spieël kyk nie, sou hulle nie so hard gewerk het om te bereik wat hulle tans besig is om te bereik nie!  Achmat Hassiem wat sy eerste brons medalje gewen het in die swem, sou dit nooit gewen het nie, indien hy nie deur ‘n haai aangeval is, wat gelei het daartoe dat sy voet geamputeer moes word nie.  Sy gebrek het uiteindelik gelei tot sy oorwinning…  Hy het nie die feit dat hy sonder ‘n voet was, hom laat beïnvloed en sy uitkyk oor sy lewe  negatief geraak het nie…  Hy het gesien – God het ‘n doel (al weet ek dalk nie wat nie of hoe dit moontlik is nie), al is my lyf nie perfek nie – my gees is, want ek het vir Jesus aan my kant, en dit maak my ‘n PERFECT human being!  GLO jy dat jy ‘n PERFECT HUMAN BEING is?  Begin om dit te glo…  “It’s not who you are that holds you back, it’s what you think you are not…”  Begin die lewe leef waarvoor Jesus jou geroep het…  Dis soveel meer as wat jy vir jouself wil gun of glo…

Blessings!

Anelli**

No comments: