Haloes!
:)
“Our
old history ends with the cross; our new history begins with the resurrection...”
-Watchman Nee
2
Corinthians 5:17
Therefore,
if anyone is in Christ, he is a new creation. The old has passed away; behold,
the new has come…
Jeremiah
29:11
For
I know the plans I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not
for evil, to give you a future and a hope…
“Hier
is die feite: Conficius se graf – beset
Boeddah
se graf – beset
Mohammed
se graf – beset
Jesus
se graf – leeg... Redeneer soos jy
wil...
Dit
het geen sin om die navolger van ‘n verloorder te wees nie...” ~
Onbekend
Although
no one can go back and make a brand new start, anyone can start from now and
make a brand new ending… ~ Carl Bard
“Geskiedenis... Dis wat elke oomblik van jou lewe tot en met
hierdie oomblik is... Of dit goeie
herinneringe is, of dinge waarop jy minder trots is – is iets wat net jy sal
weet... Ek wil net vandag beklemtoon wat
meneer Watchman Nee gesê het... Jou ou
geskiedenis – ALLES wat verkeerd is in jou lewe = is vasgespyker aan ‘n KRUIS... Dit het daar geëindig!
Soos
‘n veldbrand alles doodmaak, sodat daar uiteindelik net swart roet oorbly, so
ook wee tons dat daardie swart stelselmatig SAL verander om pragtige groen gras
(groener as ooit tevore) en miskien sal daar ook pragtige blomme weer daar
groei – daar waar niks was nie... Die
pad het nie vir ons geëindig by die Kruisdood van Jesus nie... God het ons – wat Jesus aanvaar het as ons
Saligmaker en Pappa ‘n nuwe begin kom gee… Alles wat ons van Jesus kan weghou,
is vir altyd verby... Al het jy nog nie
voorheen hierdie geleentheid geneem nie, ‘n geleentheid waar jy afsien van
alles wat jy nie kan doen nie en eerder begin fokus op ‘n God wat wel die
onmoontlike kan doen,asook een waar jy vergeet van wat verby is, en fokus op
wat voorlê – kan jy dit op hierdie oomblik doen... Met Jesus se opstanding kom gee Hy jou ‘n
“clean slate”... Jy kan NOU oorbegin –
maak nie saak hoe oud jy is, of wat jy al gedoen het nie... Jesus vergewe jou, en het jou lief NES JY
IS... Dit sal ‘n nuwe begin wees, een
van nuwe hoop, een waar jy op God kan staatmaak en vergeet van jou eie
feilbaarheid... Hy kan deure vir jou
oopmaak wat niemand kan toemaak nie...
Hy
wil jou dra deur elke moeilikheid wat jy tans in jou lewe ervaar, of wat nog
vir jou voorlê... Hy is net ‘n gebed
ver... Selfs al het jy nie die woorde
nie, tree die Gees namens jou in by God...
Kies jy vandag om ‘n lewe van ontelbare moontlikheid saam met God te
hê? 'n Lewe groter as pyn, groter as
armoede, groter as siekte... Dis JOU keuse...
Niemand kan namens jou besluit nie...
God het jou oneindig lief - ons het nie 'n benul hoe groot Sy liefde vir
ons was en is nie... Maar ons kan begin,
by die Kruis en verseker weet - die Opstanding, na die Kruisdood het vir ons 'n
NUWE begin verseker...
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment