Thursday, 6 September 2012

"Jy kan nie struikel as jy op jou knieë is nie..." ¬ Charles H Spurgeon


Haloes! J

"Jy kan nie struikel as jy op jou knieë is nie..."  ¬ Charles H Spurgeon

Hebreërs 11:1,6

"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie...  As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil..."

Jesaja 49:8

"So sê die Here: Op 'n tyd wat ek dit goeddink, sal Ek jou gebede verhoor...  Op die dag wanneer ek wil red, sal Ek jou help..."

"Faith sees the invisible, believes the unbelievable, and receives the impossible..." ¬ Corrie Ten Boom

"As jy God vir brood vra, en nie 'n mandjie bring waarin jy dit kan dra nie, verraai jy die twyfel wat dalk die enigste rede is, waarom jy nie kry wat jy vra nie..."  ¬ Dwight L Moody

Sjoe ne!  Dit laat mens dink!!  Hoe baie vra ons nie vir God om ons gebede te verhoor nie, maar berei ons onsself nie voor vir die voorsiening nie?  Hierdie beeld met die brood en die mandjie is vir my ongelooflik awesome!  Mens kan ook daaraan dink soos wat jy die gebed van Jabes bid van: "Vermeerder my grondgebied, hou U hand oor my..."  Mens kan nie bid vir God om jou te seën met groter grondgebied, as jy nie bereid is om buite die "grense van jou huidige grondgebied" te beweeg nie...  MAAR, ons is mense - gewone mense, en twyfel is normaal - almal ervaar dit een of ander tyd...

Dit is dan wanneer ons EERS moet volhard in gebed, en moet vasstaan in GELOOF...  Vat jou mandjie na God toe wanneer jy vra vir brood...  ‘n Dominee (Gary Kieswetter) by my vorige Kerk in Suid-Afrika, het altyd gesê – hoe groot is die bakkie wat jy na God bring en wat jy aan Hom oorgee om vol te maak?  So groot soos ‘n botterbakkie?  ‘n Swembad?  Of so eindeloos soos die oseaan?  Wees bereid om buite jou grense (mens - gestelde - grense) te beweeg, WANNEER God jou seën...  Let daarop dat ek nie sê, "AS" God jou seën nie, maar "WANNEER"...  HY sal jou "staande" hou, wanneer jy op jou knieë bly...  En Hy SAL Sy blessings oor jou uitstort - sorg net dat jy genoeg mandjies bring...  Ek wil Corrie Ten Boom se quote bietjie aanpas, en ek bid dat dit vandag, en ook die res van jou lewe vir jou waar wees - "May your faith see the invisible, believe the BElievable (God se beloftes), so you can receive the impossible (God se blessings)..."

Mag jy 'n Faith-gevulde dag en week verder hê!  En mag jy ervaar hoe God jou gebede verhoor…  Selfs daardie wat jy nie met jou mond gebid het nie, maar met jou hart…

blessings!

anelli**

No comments: