Tuesday, 11 September 2012

"Soek eers na God, en die dinge wat jy wil hê, sal na jou toe aankom..." ~ Anoniem


Haloes! :)

"Soek eers na God, en die dinge wat jy wil hê, sal na jou toe aankom..."  ~ Anoniem

Lukas 9:37-45

"Die volgende dag, toe hulle die berg afkom, het 'n groot klomp mense Jesus tegemoet gekom.  Meteens roep daar 'n man uit die skare: 'Meneer, ek smeek U, kyk bietjie na my seun.  Hy is my enigste kind...  'n Gees pak hom onverwags beet, dan gaan hy skielik aan die skreeu en hy kry stuiptrekkings en ook skuim om die mond.  Die gees hou aan om hom te verniel en laat hom nie weer maklik los nie.  Ek het u dissipels gesmeek om die gees uit te dryf, maar hulle kon nie.  Toe antwoord Jesus: 'Ongelowige en ontaarde geslag!  Hoe lank moet ek nog by julle wees en julle verdra?  Bring jou seun hier.  Terwyl die seun nog aankom, gooi die bose gees hom op die grond neer en laat hom hewige stuiptrekkings kry.  Maar Jesus het die onrein gees skerp aangespreek, die kind gesond gemaak en hom aan sy pa teruggegee...  Almal was verslae oor die grootheid van God..."
  
James 1:12

"Blessed is the man who perseveres under trail, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love him..."

"Wanneer jy die absolute laagtepunt bereik, is God daar..." ¬ Neville Talbot

"Ons moet meer lewe met afwagting, en nie met verwagting nie..."  ¬ AnneMart Lemmer

Hierdie storie het my laat dink aan ons alledaagse lewe...  Wanneer ons kerk toe gaan, of bybelstudie bywoon, is ons omring deur dinge van God, wat ons weer hoop en moed gee, en ons ook verseker van God se grootheid en almag!  Maar wanneer ons daar weggaan, en die alledaagse dagtake aanpak, word ons gekonfronteer met die gebrokenheid van die wêreld...  Dit is dan moeilik om die positiwiteit te behou, en God se grootheid en almag in die stukkendheid raak te sien...  Hierdie versie in James 1:12 is iets vir ons om aan vas te hou - ELKE dag…  Mag dit jou voortdurend herinner, dat God jou die oorwinning sal gee, as jy net in Hom bly glo, aanhou vasbyt en volhard in gebed en vir Hom bly lewe...  

Hierdie aanhaling van 'n vriendin van my (AnneMart), het my net weereens laat besef - ons leef te veel met verwagtinge wat dan baie keer in teleurstelling verander...  Daar is maar min "afwagting" by die generasie van vandag te bespeur...  Ons wil nie tyd mors nie, en ons wil hê dat dinge NOU moet gebeur, en sommer REG moet gebeur...  Vandag, aan die begin van 'n nuwe dag, moet ons soveel AFWAGTING hê - dat ons nie kan WAG om te sien wat God vandag als in die mou voer nie...  Want ons weet reeds dat God NET die beste vir ons wil hê...  Ons weet dat Hy beter weet as wat ons weet, en ons weet dat Hy ons "ULTIMATE" voorsiener is...  Ons moet net vertrou...  Jou lewe, hoef nie 'n refleksie te wees van die stukkendheid van die wêreld nie...  Eerder 'n refleksie van danksegging, vir dit wat God reedsvir jou gedoen het, en wat God nog vir jou GAAN doen...  Lewe met afwagting, en laat toe dat God jou grootste verwagtinge oortref met Sy goedheid!! 

blessings!

Anelli**

No comments: