Monday, 10 September 2012

“ ‘n Mens wen of verloor terwyl jy nog op droeë grond staan…” ~ Ryk Neethling


Haloes! J

“ ‘n Mens wen of verloor terwyl jy nog op droeë grond staan…”  ~ Ryk Neethling

2 Chronicles 20:15-17

“This is what the Lord says to you: ‘Do not be afraid or discouraged because of this vast army. For the battle is not yours, but God’s.  Tomorrow march down against them. They will be climbing up by the Pass of Ziz, and you will find them at the end of the gorge in the Desert of Jeruel.  You will not have to fight this battle. Take up your positions; stand firm and see the deliverance the Lord will give you, Judah and Jerusalem. Do not be afraid; do not be discouraged. Go out to face them tomorrow, and the Lord will be with you…’”

Hebrews 12:1

"Therefore, since we are surrounded by such a great cloud of witnesses, let us throw off everything that hinders and the sin that so easily entangles, and let us run with perseverance the race marked out for us..."

“Strength does not come from winning. Your struggles develop your strengths. When you go through hardships and decide not to surrender, that is strength…” ~ Arnold Schwarzenegger

“Winning starts with beginning…” ~ Robert H. Schuller

Ek dink iets waarmee almal sal saamstem is dat dit lekker is om te wen…  Dis lekker om bo op die “berg” wat jy moes aandurf, te kan eindig en die vrugte van jou harde werk te pluk…  Tog is dit nie altyd so “plain sailing” om dit reg te kry nie…  Ek kan my nie indink hoe Moses moes voel terwyl hy moes veg vir die vryheid van die Israeliete nie…  Aangesien hy nog ‘n spraakprobleem ook gehad het, moes hy in sy “boots” gebewe het, elke keer wat hy die Farao moes gaan aanspreek…  Tog het God aan hom belowe – elke stap van die stryd, SAL ek by jou wees…  Farao sal sy hart verhard, maar ek sal UITEINDELIK aan JOU die oorwinning oor Farao gee, en die Israeliete sal vry wees…  10 plae later, en na die absolute wonderwerk wat God laat gebeur het dat die Rooi See in 2 gedeel het, het vir die Israeliete op droë grond tot veiligheid gelei en die vyand verslaan…  Die Israeliete hoef nie 'n vinger te verroer het om te veg nie - God het vir hulle geveg...

Miskien voel jy vandag soos die Israeliete, wat vasgevang was in Egipte…  Miskien is jy tans vasgevang in iets, en sien jy net GEEN uitkomkans nie…  Of miskien voel jy soos Moses…  Hoe harder jy probeer, en hoe meer jy insit, hoe meer teenstand kry jy?  Watter een van die twee jy ookal is – God sal sorg vir uitkoms…  God sal sorg dat al word daar 10 keer vir jou nee gesê, of al val jy dalk 10 keer, dat jy 11 keer sal opstaan…  Hierdie woorde van Ryk Neethling is ‘n absolute inspirasie, en woorde wat jou nog ver sal kan dra…  Jy wen die wedstryd, al voor jy hom aanpak…  Meeste dinge in die lewe, gaan oor hoe ons daarop ingestel is…   Negatiewe ingesteldheid, loop baie keer uit op negatiewe resultate…  Jy moet kan GLO – jou Pa is die Koning van die heelal…  Die Een wat instaat is om soveel meer te kan doen as wat jy bid of dink…  Daai geveg wat jy al halfpad opgegee het – gesels bietjie met God, want HY het nog nie opgegee op JOU nie…  Hy is die EEN persoon wat jou situasie kan omdraai en wat WONDERWERKE kan laat plaasvind…  But you have to believe it, to see it…  God se hand is uitgestrek na jou toe…   As jy dalk onlangs geval het, of net nie meer krag het vir opstaan nie, vat Sy hand…  Laat Hom toe om jou die oorwinning of deurbraak te gee, waarvoor jy al so lank hoop en bid…

Mag jy ‘n absolute pragtige week hê!

Blessings!

Anelli**

No comments: