Sunday, 16 September 2012

“My body could stand the crutches but my mind couldn't stand the sideline…” ~ Michael Jordan


Haloes! :)

“My body could stand the crutches but my mind couldn't stand the sideline…”  ~ Michael Jordan

Mark 11:24
Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours.

Matthew 17:20
He replied, “Because you have so little faith. Truly I tell you, if you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mountain, ‘Move from here to there,’ and it will move. Nothing will be impossible for you…”

“Don't listen to anyone who tells you that you can't do this or that. That's nonsense. Make up your mind, you'll never use crutches or a stick, then have a go at everything. Go to school, join in all the games you can. Go anywhere you want to. But never, never let them persuade you that things are too difficult or impossible.” ~ Douglas Bader quotes

“Life is like a ten speed bicycle.  Most of us have gears we never use…” ~ Charles M. Schulz

Die lewe is nie vir sissies nie…  Elke week is vinniger, as die week voor dit…  Jy sal moet byhou, of andersins sal jy defnitief die onderspit delf…  Die “perd” sal jou afgooi, as jy nie byhou en vinnig leer om hom te ry nie…  Dis moeilik om altyd sterk te wees, en te “cope” met die dinge wat die lewe soms jou kant toe gooi…  Soos wat ek koerantberigte lees, of net met mense gesels, kom jy agter hoeveel “krukke” die mensdom op staat maak, om net deur nog ‘n dag of week te kom…  Of dit nou vertroue in mense is, drank, dwelms, pille, buite-egtelike verhoudings, of om jou ou of meisie te verneuk, pornografie of dalk geld is – al hierdie dinge het een iets in gemeen – dat jy Jesus uit jou lewe skuif wanneer die dinge moeilik gaan…  Dat jy ander dinge kry om jou vertroue in te plaas as God – want dit voel asof Hy nie luister wanneer jy bid nie…  En wanneer jy bid, glo jy in elkgeval nie, dat daar vir jou uitkoms is, of dat God jou onmoontlikheid in ‘n moontlikheid kan omskep nie? 

Miskien verwyt jy jouself op die oomblik, omdat dit voel asof hierdie stuk presies vir jou geskryf is…  Ek wil vir jou sê – MOENIE…  God wil vir jou ‘n helpende hand wees in die situasie waarin jy jouself op die oomblik bevind…  Miskien voel jou lewe omonkeerbaar deurmekaar…  Onthou net – jy is NET ‘n mens…  En mense maak foute, en kies parrtykeer verkeerde dinge om hul “kruk” in die lewe te wees…  God sal jou egter nooit verlaat nie – selfs al voel dit vir jou dalk of jy heeltemal alleen en eensaam is – wil ek jou verseker – God is soos jou skaduwee – ALTYD by jou… En soos jy jou skaduwee dalk nie kan sien wanneer daar stormagtige weer is nie – beteken dit nie dat Hy nie daar is nie…  Mens sien jou skaduwee net beter wanneer die son skyn – soos wat jy vir God sien wanneer dit goed gaan… Hy wil van vandag af, daardie kruk se plek in jou lewe kom inneem – en HY wil vir jou ondersteuning kom bied – deur wat jy ookal werk of sukkel op die stadium…  Moenie Hom uit jou lewe skuif, omdat jy nie Sy stem hoor nie…  Jy’t Sy woord DAAGLIKS tot jou beskikking, en Hy is net ‘n gebed ver…  Gebed het al GROOT wonderwerke tot gevolg gehad – ons moet net vir God onvoorwaardelik vertrou…  Vat daardie “leap of faith”, vat God se hand vandag, en laat Hom toe om jou ondersteuning te wees, vir die week wat vir jou voorlê…  Gooi weg daardie krukke, en vertrou God vir ONMOONTLIKE deurbrake!

Blessings!

Anelli**

No comments: