Haloes!
J
“Use
your smile to change the world… Don’t
let this world, change your smile…” ~ Unknown
Proverbs 15:13
A happy heart makes the face cheerful, but
heartache crushes the spirit.
Proverbs 15:30
A cheerful look brings joy to the heart, and
good news gives health to the bones. (NIV)
A smile is a curve that
sets everything straight… ~ Phyllis Diller
Anyone who has a
continuous smile on his face conceals a toughness that is almost frightening… ~
Greta Garbo
Soos
dinge deesdae gaan in hierdie deurmekaar wêreld van ons, kan ek dit goed glo
dat dit vir jou moeilik is om somtyds te glimlag… Ek kan sommer hoor hoe baie van julle nou sug
en dink – “waaroor sal ek dan nou bly wees? Of wil glimlag? Hier is geen hoop vir my kinders in DIE land
nie… Man, daar is nie eens hoop vir my
nie! Ek het nie werk nie… En ek kry geen geleenthede nie… Of die skool waarin ek is, bring die slegste
in my uit… Maar daar is nie geld vir
iets beter nie… Of My finansies wil maar
net nie ‘n manier kry om te klop nie…
Nes ek dink – nou sal ons vir ‘n rukkie “ok” wees, gebeur daar weer iets
om die wind totaal uit my seile te neem en wat my dan heeltemal moedeloos laat… of... Ek weet nie hoekom siekte MY moes uitkies nie… Dis ‘n nimmereindigende baklei, en ek is
party dae net nie meer lus nie… of... My
huwelik is op die rotse… Ons het net te
veel verander, en ek kan nie meer saam met my maat leef nie… My geliefde het my verneuk… Hoe nou?
Ek het hom / haar so lief, maar hoe kan my hart weer vertrou? of... Ek kan nie kinders hê nie… Dis my hartsbegeerte, maar God het my daardie
seën ontneem… Waaroor wil jy dan nou hê
moet ek glimlag?
Hierdie
is maar enkele gevalle… Al wat ek weet
met SEKERHEID in my hart, is dat God ons op hierdie aarde geplaas het met ‘n
BAIE SPESIFIEKE DOEL in gedagte… Jy sou
nie in Suid-Afrika gebôre gewees het, as Hy jou nie met ‘n spesifieke rede hier
geplaas het nie… Daarmee sê ek NIE – as jy
geleenthede oorsee aangryp dis verkeerd nie…
Ek glo dat God jou sal gebruik waar jy ookal gaan, want Hy sal jou
voorsien met spesifieke geleenthede op spesifieke tye… MAAR ek glo ook dat ons SO ‘n spesiale land
het!! En dat liefde, en aanvaarding AL
is wat ons nodig het om ‘n verskil te kan maak…
‘n Glimlag is ‘n universele taal…
Dis iets wat menigte rusies al kon laat bedaar, wat ander kon seën, wat
mense net verseker – hier is iemand wat omgee, iemand wat probeer om te
verstaan… Al begryp die persoon dalk nie
ten volle jou situasie nie – kan ‘n glimlag jou slegte dag sommer ‘n silwer
randjie gee… Dit kan weer hoop gee, aan
die wat moedeloos geword het, en dit kan die bemoedig wie se harte stukkend is… Ons rainbow nation – all shapes and sizes, is
die kosbaarste plek wat vir my bestaan…
En ‘n gawe wat God aan ons elkeen gegee het, is om te kan glimlag… Al voel jy dalk vandag of JY iemand nodig
het, deel jou glimlag vrylik met die mense wat jou pad kruis – God stuur
daagliks mense met ‘n spesifieke doel en rede oor jou pad… Soos Moeder Teresa gesê het – “Let no one
ever come to you without leaving better and happier. Be the living expression
of God's kindness: kindness in your face, kindness in your eyes, kindness in
your smile.” Wees
God se hande en voete hier op aarde, deur jou liefde en vriendelikheid wat jy
uitstraal… Wanneer jy jou fokus op ander
mense, hul seerkry of dinge wat hulle lewe moeilik maak, raak die las wat jy daagliks saamdra, gewoonlik baie
vinnig, baie ligter… Mag God jou seën
Koningskind! En SMILE J
Jesus het jou lief! Hy het al die
antwoorde en oplossings waarvoor jy bid – volhard net!
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment