Monday 9 July 2012

“Many of the great achievements of the world were accomplished by tired and discouraged men who kept on working.” ~ Unknown


Haloes! J


Deuternomium 31:8

"Die Here sal voor jou uitgaan.  Hy sal by jou wees...  Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie.  Moenie bang wees nie, moenie skrik nie..."

Jesaja 41:10,13

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou...  Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God...  Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou...  Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  Moenie bang wees nie, Ek help jou..."

Storie vir jou!

Die Klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van die oseaan.  Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik sien daar's fout.  Hy roep die Klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is.  Die vissie sê toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy't iemand hoor sê dat 'n vis doodgaan sonder water…  Die groot vis, duidelik al 'n "old campaigner", antwoord: "Maar Vissie, jy Swem nog jou hele lewe lank in die water.....!" Wat 'n openbaring vir die Klein vissie! Hy kon nie gou genoeg terugswem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie! As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God, Swem in voorspoed, Swem in geluk en blydskap en Swem in die liefde van ons almagtige Vader! Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien!  Dit is selfs nodig dat ons so 'n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor.   Ek het vandag 'n werk, kos, klere, gesondheid, 'n dak oor my kop… familie, vriende, en ek ervaar liefde van albei die groepe.  Ja ek LEWE in GENADE.  ~ Forward Email

HOE baie het ons om voor dankbaar te wees?!  EN hoe baie bekommer ons onsself oor soveel onbenullighede!  Ek dink baie keer sien ons nie eers waarmee ons geseën is nie…  Ons hardloop elke dag, op en af, baie bekommerd, oor die tientalle spoke wat ons gedagte-wêreld optower (“die ‘wat as’ siekteJ), terwyl God ons ELKE dag voorsien van wat ons nodig het, en ook situasies laat uitwerk soos dit moet…  Al is dit nie altyd wat ONS wil hê nie, is dit altyd die beste paadjie vir JOU lewe… 

Mens moet aan die gebeurtenisse van jou lewe dink soos wat jy ‘n huis sal bou…  Vir ‘n huis om gebou te word, moet sekere stappe gevolg word…  Die mure van die huis kan nie gebou word, voor die huis ontwerp is, of voor die fondasie gegrawe is nie?!  Die ontwerp van die huis moet in plek wees, dan kan die fondasie gegrawe word, en DAN eers kan die stene gelê word…  God berei ons lewe voor met sekere gebeurtenisse, ten einde ons te equip vir dit wat kom…  JY is tot BAIE meer in staat as wat jy jouself krediet wil gee!  Ons gedagtes beïnvloed ons aksies…  Jou brein is een van jou magtigste wapens, en jy kan baie maklik word wat jy dink…  As jy dus heeltyd negatiewe dinge oor jouself dink, gaan die uitkoms van dit wat jy aanpak, heel waarskynlik negatief wees…  As ons egter vir God VERTROU – TEN VOLLE, en oorgee aan Hom, kan ons nie anders as om heel anderkant uit te kom nie!  Te midde van swaarkry, te midde van seerkry – as Hy in beheer is, SAL Hy jou van die krag voorsien wat jy nodig het om heel anderkant uit te kom…  Hy is groter as siekte, groter as finansies, groter as pyn, groter as ‘n stukkende hart…  Hou op om met die WAT AS spoke te worstel…  Vat dit dag vir dag, stap vir stap…  Mens kom op die bopunt van die berg, deur tree vir tree te gee…

Blessings!

No comments: