Sunday 22 July 2012

“I may not have gone where I intended to go, but I think I have ended up where I needed to be.” ― Douglas Adams, The Long Dark Tea-Time of the Soul


Haloes! :)

“I may not have gone where I intended to go, but I think I have ended up where I needed to be.” ― Douglas Adams, The Long Dark Tea-Time of the Soul

 Mark 11:24
 "So I tell you, whatever you pray for and ask, believe that you have got it and you shall have it..."

 Fillipense 4:19
 "En God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien, volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus..."

 'n Storietjie...
 "I love ordering things from clothes catalogues...  The order forms, are like crossword puzzles - but with all the answers provided...  I feel great, clever, and all that, because I can fill them in!  The order is mailed and forgotten in the rush of more immediate things...  Then bang, right in the middle of some activity totally unrelated to my catalogue order, the parcel is delivered!  How like God...  The specifics of my order are carefully tabulated and delivered in his time and with eternal efficiency...  The answers are sent to prayers I prayed months, even years ago - long after I have forgotten my requests...  Sometimes, it no longer really matters to me if the parcel even arrives!  But my words are not allowed to fall to the ground...  Angels catch them and register the demand...  How good of God..."  ¬ Jill Briscoe ¬ Quiet times with God

 Verbeel jou gou vir 'n oomblik jy is die president van ons land, en elke persoon in die land, mag instap in jou kantoor in om probleme met jou te kom bespreek, volgens afspraak...  Suid-Afrika se populasie is volgens die laaste sensus in 2011, 50.5 miljoen mense... Indien jy dan kyk na die aantal ure tot jou beskikking 365 dae x 24uur (in aggenome dat jy dan nooit gaan slaap nie) = 8760 ure...  Indien jy dan 8760 ure deel deur die aantal mense, gee dit jou 0.000173 uur wat jy op elke inwoner van Suid-Afrika kan spandeer...    Dit, indien jy sal anneem dat een persoon nie meer as een keer vir jou kom besoek nie?

Dink net hoe sou dit wees as jy in 'n jaar, 0.000173 uur saam met God gehad het?  Wat as ons 'n afspraak moes maak, en jy ook die hele wêreld se mense 'n beurt moes gee?  'n Mens sou JARE wag vir 'n "insignificant" tyd met God...  Hoe awesome is God nie?  Dat Jesus vir ons aan die kruis kom sterf het, dat ons die Heilige Gees ontvang het, en dat ons SONDER 'n afspraak met God kan praat - soveel keer 'n dag soos ons wil!  En God slaap nooit nie!  Hy is nie beperk, soos ons as mens beperk is nie...   Hy is 24 uur van die dag tot ons beskikking...  JUIS daarom, MOET ons Hom nie in 'n boksie sit met ons gebede nie...  Glo die onmoontlike!  As dit dalk vir jou voel op die oomblik of jy bid, maar niks gebeur nie...  Of dit voel net vir jou of gebede teen die dak vasgaan, wil ek jou VERSEKER vandag, God hoor jou...  En Hy luister...  Hy sal voorsien wat jy nodig het, WANNEER jy dit nodig het...  Ek love die onderwerp aanhaling vandag – mens land nie altyd op waar jy beplan om te wees nie, maar altyd waar jy moet wees!  Ek dink ons verstand is te klein om te besef hoe groot God is...  En hoe klein ons werklik is, in vergelyking met die wonderwerke wat God KAN doen, as ons net meer onvoorwaardelik glo...  Glo God...  Glo dat Markus 11:24 vir JOU waar kan wees...  want dit kan...  Take the leap of trusting God:)

blessings!

No comments: