Friday 27 July 2012

"I've learned.... That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand..." ¬ Andy Rooney


Haloes! :)
 
"I've learned.... That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand..."  ¬ Andy Rooney
 
2 Korintiërs 1:4
 
"In elke moeilikheid bemoedig Hy ons...  Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikheid verkeer..." 
 
Psalm 94:18-19
 
"Toe ek gedink het my voete gly, het U trou liefde my regop gehou Here...  Toe Ek met baie onrus in my binneste sit, het U vertroosting my tot rus gebring..." 
 
Storietjie vanoggend vir jou...
 
"Op Maandag 9 Augustus 1993 het Sophia White by 'n hospitaal in Los Angeles opgedaag met 'n pistool...  Sy het gekom om Elizabeth Staten te konfronteer, 'n verpleegster wat volgens haar 'n verhouding met haar man gehad het...  White het ses skote afgevuur en Staten in die gewrig en maag getref...  Staten het gevlug en White agterna.  In die noodgevalle afdeling het 'n ander verpleegster, Joan Black, die ondenkbare gedoen...  Black het kalm na White toe gegaan en haar 'n drukkie gegee en haar getroos...
 
White het gesê dat sy niks het om voor te leef nie, dat Staten nou haar gesin het...  "Jy is in pyn", het Black gesê...  "Ek is jammer, maar almal ervaar pyn in hulle lewe...  Ek verstaan, en ons kan daaroor praat..."  Terwyl hulle gepraat het, het die indringer haar vinger op die sneller gehou...  Een keer het sy die pistool gelig asof sy haarself wou skiet...  Black het haar arm afgedruk en haar vasgehou...  Uiteindelik het Sophia White die pistool vir die verpleegster gegee...  Sy is ontwapen deur 'n drukkie...  Dit is verstommend wat medelye kan doen..."  ¬ Tom Tripp
 
Miskien het jy vriende of familie wat deur moeilike tye gaan, maar jy weet nie hoe om te help nie?  Die maklikste uitweg, is om te maak of die situasie nie bestaan nie...  Al wat mens hoef te doen in moeilike tye, is om seker te maak dat jou vriende en familie WEET dat jy daar is vir hulle...  Dat hulle op jou kan staatmaak, en dat jy vir hulle lief is...  Dade wys soveel meer as woorde...  Partykeer het mens nie eens woorde nodig nie - want mense sal deur jou optrede, jou omgee kan raaksien wat in jou hart aangaan...  Gee 'n drukkie, sonder om dit te probeer verduidelik, of sit net by iemand en hou hulle hand vas...  Dit sal verseker meer beteken as 'n stortvloed woorde...

Dis baie keer die "probleem" met Christene, en wat ook nie-Christene afskrik...  Baie keer bely mens aan die een kant - dit is wat ek glo, en waarvoor ek staan...  Maar wanneer dit by die UITLEEF daarvan kom, skiet ons tekort...  Ons is nie daar vir ander nie, en daar waar ander nie kan sien nie, leef ons nie ons Christelike waardes uit nie... Dis iets waaroor ek baie sterk voel...  Wees 'n "what you see is what you get persoon" eerder as iemand wat met sy mond iets bely, en met sy lewe anders optree...
 
As jy dalk deur 'n moeilike tyd gaan en dit voel moontlik vir jou niemand verstaan nie, wil ek vir jou sê - God verstaan...  As dit voel of Hy heeltemal afwesig is in jou lewe / dat jy Hom glad nie ervaar nie - in sulke tye onthou ek altyd daardie prentjie van "Voetspore"...  God is VERSEKER besig om jou in hierdie tye te dra...  Onthou ook - daar is ALTYD iemand wat jou meer liefhet as wat jy jouself het...  GOD...  En Sy deur staan 24/7 oop...  Jy sal nooit 'n "beset-toon" kry as jy vir God bel deur gebed nie...  Hy is daar - en beskikbaar, NET vir JOU...  Hy sal sorg en voorsien, in ALLES wat jy nodig het...  Hou net aan vertrou...
 
blessings!
 
anelli**

No comments: