Tuesday 24 July 2012

"Good people are good because they've come to wisdom through failure. We get very little wisdom from success, you know..." ¬ William Saroyan


Haloes! :)
 
"Good people are good because they've come to wisdom through failure. We get very little wisdom from success, you know..." ¬ William Saroyan
 
Spreuke 3:5-6
 
"Vertrou volkome op die Here,  en moenie op jou eie insigte staat maak nie...  Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou die regte pad laat loop..."
 
Isaiah 43:1-3

Now thus says Yahweh, who created you, O Jacob, and He who formed you, O Israel: ‘Fear not, for I have redeemed you; I have called you by your name, you are Mine. When you pass through the waters, I will be with you; and through the rivers, they shall not overflow you: when you walk through the fire, you shall not be burned, neither shall the flame kindle upon you. For I am Yahweh, your God, the Holy One of Israel, your Savior; I have given Egypt as your ransom, Ethiopia and Seba in your stead’
 
"Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Abraham Lincoln by geleentheid gesê: "In moeilike tye beleef ek baie, baie dae wat ek met absolute sekerheid weet dat daar geen oplossing vir ons probleme is nie...  Nie ek of my raadgewers beskik oor die nodige wysheid nie...  So word ons gedwing om op ons knieë te gaan..."  ¬ Anoniem
 
Ek weet nie of jy op die oomblik die golf van sukses ry, en of jy dalk van die sukses-golf afgegooi is nie...  Ek bedoel dit ten opsigte van ELKE aspek van jou lewe...  Werk, swot, liefde, gesin, siekte, geluk, mislukkings...  Elke dag is 'n nuwe geleentheid om iets omtrent jouself, en iets omtrent die lewe te leer...  Mislukkings stel ons in staat om juis dit te kan doen!!  God ken jou unieke situasie...  Hy sal nie dinge oor jou pad stuur, wat jy nie met Sy krag sal kan hanteer nie...
 
Ons leer die meeste in moeilike tye...  Dis ook die tye waarin ons, ons eie uithouvermoë leerken...  Die tye van mislukkings of moeilike tye, is ook die tye waarin ons die naaste aan God is - ek dink 'n mens bid meer as jy bekommerd of bang is...  Mislukking of moeilikheid, leer ons wysheid...  Dit leer ons dat ons tot niks in ons lewe in staat is, sonder dat God ons die krag daarvoor gee nie (Fillipense 4:13)...  Ek het 'n baie oulike aanhaling raakgelees wat 'n mens somtyds vergeet - "Dit is waar dat 'n mens die lewe net deur terugskoue kan verstaan...  Maar dan vergeet ons ook 'n ander beginsel wat ook waar is: die lewe kan net vorentoe geleef word" - Sören Kierkegaard...    Moenie deur mislukkings ontmoedig word nie...  Klim terug op die branderplank, terwyl jy op jou knieë (biddend) bly, sodat God van jou 'n wêreldklas "surfer" kan maak...  Moenie teen die brander probeer uitswem nie - dit wil sê, VERGEET van dit wat agter jou lê...  Ry die golf (go with the flow), sodat jy VORENTOE beweeg, en LEWE elke oomblik wat jou geskenk is...  Weet dat die branders wat jy moet "face", nie so groot sal wees, dat jy dit nie deur God se liefde, genade en bystand sal kan hanteer nie...  Jou Pa is in beheer...
 
blessings!

No comments: