Monday 30 July 2012

´Life is like a camera...Just focus on the important, capture the good times, develop from the negatives, and if things don’t turn out, just take another shot…’~Unknown

Haloes! :)
´Life is like a camera... Just focus on the important, capture the good times, develop from the negatives, and if things don’t turn out, just take another shot…’ ~Unknown
Hebrews 10:36
For you have need of endurance, so thatwhen you have done the will of God you may receive what is promised…
Galatians 6:9
And let us not grow weary of doing good, for in due season we will reap, if we do not give up…
“God places the heaviest burden on those who can carry its weight.” ~ Reggie White quotes
“Love knows no limit to its endurance, no end to its trust, no fading of its hope; it can outlast anything. Love still stands when all else has fallen.” ~ Unknown
Ek is MAL daaroor om foto’s te neem… Baie dikwels tot die irritasie van die mense wat saam met my is, maar wat dan na die tyd gewoonlik baie dankbaar is vir die herinneringe wat vasgevang is op kamera… Digitale kameras is ook vir my ONGELOOFLIK, want jy kan dadelik sien wat die uitkoms van die foto is, en as die prentjie nie vasvang wat jy wou nie, vee jy hom summier uit en neem dadelik ’n totale nuwe ene… Hierdie aanhaling is vir my pragtig en SO waar! As mens dit opbreek en stuk vir stuk daarna kyk, lyk dit as volg: Dink gou wat jy gewoonlik met ’n kamera afneem? Spesiale oomblikke, mooi tonele wat jy graag sal wil vasvang, om later weer te kan herleef… Jy sal defnitief nie ’n kamera uithaal vir onbenullighede nie… Just focus on the important, capture the good times… Ons maak elke dag foute, omdat ons doodgewone mense is… Die foute is ons boublok om die volgende uitdaging baas te raak - develop from the negatives… En wanneer ons onsuksesvol is in dit wat ons aanpak, is daar ALTYD ’n kans om weer te probeer – dit hang van onsself af, of jy gaan bly lê wanneer jy platgeslaan word, en of jy gaan opstaan en terugveg… just take another shot…
Dis maklik om vasgevang te raak in die onbenullighede van die lewe, of om te bly lê wanneer jy val of platgeslaan word… Die maklikste manier om ’n teleurstelling te verwerk, is om nie daaroor te sit en tob nie, maar om so gou as moontlik weer die perd op te saal, en die geveg trompop te hardloop… Mens kan teleurstelling op 2 maniere hanteer –deur te vlug, of deur terug te veg! Dis ’n wilsbesluit wat jy vir jouself moet neem… Daar is niks moeiliker as om iemand te probeer wen wat gedetermineerd is om iets deur te sien, of om daardie ekstra “fight” in te sit om die oorwinning te behaal nie! Ek wil nie eers praat oor die rugby van Saterdag nie, maar die span wat dit die graagste wou hê, het die hardste baklei, en op die ou ende met die louere weggestap… Daar waar jy opeindig, of die doelwitte wat jy behaal, hang af van hoe hard jy daarvoor gaan baklei… God sal jou wat getrou volhard, beloon vir jou toegewydheid! Dit gebeur net nie altyd op ons terme, op ons tyd, en op die manier wat ons dit noodwendig wil hê nie, maar WEET met versekering… Jy sal nie tekortskiet, op ENIGE gebied van jou lewe, as jy jou afhanklikheid van God bely, en ook in afhanklikheid van Hom lewe nie… Hy sal sorg dat jy het wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het… Nie noodwendig wat jy wil hê nie, maar ALTYD wat jy nodig het… Mag jy dit sommer vandag ervaar en opnuut besef in jou lewe! God het jou oneindig lief J
Blessings!
Anelli**

No comments: