Tuesday 10 July 2012

“Always do what you are afraid to do…” - Ralph Waldo Emerson


Haloes! :)

“Always do what you are afraid to do…”  - Ralph Waldo Emerson

Psalm 91:4-8 NLT
“He will cover you with his feathers. He will shelter you with his wings. His faithful promises are your armor and protection. Do not be afraid of the terrors of the night, nor the arrow that flies in the day. Do not dread the disease that stalks in darkness, nor the disaster that strikes at midday. Though a thousand fall at your side, though ten thousand are dying around you, these evils will not touch you…”

Proverbs 29:25 NLT
“Fearing people is a dangerous trap, but trusting the Lord means safety…”

Don’t fear failure so much that you refuse to try new things…”  ~ Unknown

“You can conquer almost any fear if you will only make up your mind to do so. For remember, fear doesn’t exist anywhere except in the mind…” ~ Dale Carnegie

Dink jy Dawid was bang die dag toe hy Goliat moes “face”?  Of Noag toe hy die ark moes bou?  Daniël toe hy in die leeukuil gegooi is?  Jona toe hy deur die vis ingesluk is?  Maria toe sy uitvind sy is swanger?  Jesus toe Hy die kruisdood moes sterf?  Al hierdie GROOT stories van getuienis hoe God ELKEEN van hierdie mense beloon het, deur hulle heel anderkant uit te kry, omdat hulle Hom vertrou het…  Deurdat hulle nie getwyfel het dat Hy sal uitkoms bring nie – maar vertrou het dat Hy sal voorsien…  En hoe het Hy nie!

Dawid, so klein soos hy was, het vir Goliat verslaan met ‘n klippie en ‘n slingervel…  Ek is seker daarvan nie oor die krag wat die klippie gehad het nie, maar die feit dat God gesorg het dat dit vir Goliat op ‘n plek van “weakness” getref het…  Vir Noag het Hy weer voorsien van krag om staande te bly terwyl almal hom gespot en vir hom gelag het oor sy gehoorsaamheid aan God…  Wie bou 'n ark wanneer daar geen teken van reen is nie?!  
Wat is reen?!  God het die leeus se bekke gesluit toe Daniël in die leeukuil gegooi is…  Vir Jona het Hy bewaar in die vis, maar Jona moes daardeur gaan om sterker te word, en te besef dat wanneer mens dinge doen wat nie in God se wil is nie, mens die gevolge moet dra…  God laat jou egter nooit alleen nie – dis ‘n bewys in die storie van Jona!  Al moet jy harde lesse leer, sal Hy altyd daar wees, om jou deur te dra…  Vir Maria het Hy beskerm toe selfs Josef nie wou glo dat sy nog ‘n maagd was nie…  Teen mense wat geskinder het, het Hy haar bewaar, en die skille van die mense se oë afgehaal…  Al hierdie mense het 1 ding in gemeen…  In tye van VREES, het hulle die vrees hokgeslaan deur met BRAAFHEID op te tree…  Jesus het vir ons kom sterf, sodat ons die Ewige lewe kan hê…  Hy sorg nogsteeds ELKE dag vir jou en my soos Hy vir al hierdie mense gesorg het…  Ons is partykeer net TE besig, en TE aan die hardloop om dit raak te sien J  Jesus is met jou…  Daar gaan dinge wees wat jou bangmaak, en onderkry…  MAAR, omdat jy die belofte het dat Jesus by jou sal wees, soos wat Hy by ELKEEN van die mense was, en vir jou sal sorg wat Sy kind is, soos Hy vir AL die mense gesorg het kan jy gerus gaan slaap…  Ons kan die bangmaak dinge aanpak deur dag vir dag (nie week vir week of maand vir maand nie) te vat, en ons kan ons vrese FACE deur die COURAGE wat God aan elkeen van ons gee, deur Sy groot genade!

Blessings J

No comments: