Wednesday 25 July 2012

"Whatever is at the center of our life will be the source of our security, guidance, wisdom, and power..." ¬ Stephen Covey


Haloes! :)
 
"Whatever is at the center of our life will be the source of our security, guidance, wisdom, and power..." ¬ Stephen Covey
 
 Psalm 118:5-6
 
"In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor...  Die Here is by my...  Ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?"
 
Psalm 118:8 (Middelste vers in die Bybel)
 
"Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou..."
 
"Die Christen moet soos 'n vyeboom wees, en nie soos 'n Kersboom nie...  Die Kersboom is dood en die versierings word daaraan vasgemaak, maar die vyeboom leef en dra vrugte..."  ¬ John Stott
 
"Die Christelike lewe is vir ons moeilik omdat ons God se seën vra, maar doen wat ons wil.  Ons maak ons eie planne en kies ons eie werk, en vra Hom dan om dit te seën..."  ¬ Andrew Murray
 
 Waarop is jou lewe gebou?  Wat is die middelpunt van jou bestaan?  Is dit jou werk?  Jou swottings?  Jou familie?  Jou geld?  Indien jy dit vandag alles sou verloor, sou daar iets vir jou oorbly?  Sou jy iets hê om na te streef?  Hoe kry jy jou weeklikse krag?  Waarin lê jou sekuriteit?  Dis baie vrae :)  En ek is seker dat almal se antwoorde moontlik kan verskil ten opsigte van hulle...  Daar is EEN gemene faktor vir elke vraag - en dit is God...  As daar vandag iets moet gebeur wat veroorsaak dat jy ALLES wat jy het verloor, SAL jy steeds vir God hê...  Jou daaglikse en weeklikse krag, kom van God af...  Die enigste sekuriteit wat jy werklik het, is die wete dat God jou nooit sal verlaat nie, jou nooit in die steek sal laat nie...  Hoe weet ek dit?  Want Hy belowe dit in Sy woord - Hebreërs 13:5. 
 
Steven Covey se aanhaling is dus "spot on"!  As God die middelpunt van ons bestaan is, dit wil sê, as ons Hom ken in alles wat ons doen, sal ons wysheid hê; ons sal voorsien word van sekuriteit, Hy sal aan ons leiding gee in moeilike besluite en Hy sal ons daaglikse kragvoorsiener wees.  Ons verantwoordelikheid is om te bid, om Bybel te lees, en om heeltyd God se wil vir ons lewe te soek...  Dit kan ons slegs doen, as God die belangrikste in ons lewens is...  Hy moet die middelpunt van ons bestaan wees...
 
Miskien voel jy dalk bietjie ver van God vanoggend...  Daar kan baie redes wees daarvoor...  Jy gaan dalk deur donker dieptes wat niemand verstaan nie...  Jou werk kan baie veeleisend wees; jy kom dalk uit 'n verhouding wat verbrokkel het; miskien het jy 'n geliefde verloor; of moet jy siekte hanteer wat onverwags tevoorskyn gekom het...  Te midde van dit alles wil ek vir jou net sê - God is by jou...  Hy belowe in Psalm 23 dat, al moet jy deur dale van doodskaduwee gaan, sal Hy by jou wees...  Al erken JY Hom dalk nie op die oomblik die middelpunt van jou bestaan nie, is Hy STEEDS vir jou daar...  Hy het belowe Hy sal jou nie los nie...  Jy kan dus vandag met 'n GROOT vreugde tegemoet gaan...  Jou Pa is met jou... En Hy sal jou krag; sekuriteit; leiding en wysheid gee om elke situasie te hanteer...
 
blessings!
 
anel*
 
PS - Interessante feit:  Psalm 118 is PRESIES die middel van die Bybel.  Daar is 594 hoofstukke voor Psalm 118 en 594 hoofstukke na Psalm 118 ¬ Powerpoint epos wat ek ontvang het...

No comments: