Wednesday 11 July 2012

“You have three choices in life; Give up; Give in or give it all you’ve got…” ~ Unknown

Haloes! J



“You have three choices in life; Give up; Give in or give it all you’ve got…” ~ Unknown



Josua 1:9



“Solank jy lewe sal niemand teen jou bestand wees nie… Soos ek by Moses was, so sal ek by jou wees…”



Hebrews 13:5



“The Lord said: I will never leave you, nor forsake you…”



“When we least expect it, life sets up a challenge that test our courage and willingness to change; at such a moment, there is no point in pretending that nothing has happened or in saying that we are not ready… The challenge will not wait… Life does not look back… A week is more than enough time for us to decide wheter or not to accept our destiny…” ~Paulo Coelho



Ek het gedurende die vakansie die geleentheid gehad om Mount Vesuvios te stap… Dit is ‘n vulkaan wat nou al "slaap" vanaf 1944… Hulle het gesê vir ons dat die vulkaan op die stadium dormant is, maar dat indien hy aktief sou raak, hy moontlik die totale gemeenskap in Pompeii en Salerno kan uitwis… Ons was onder die indruk dat die stap vroeg die oggend sou plaasvind, aangesien dit ongelooflik warm daar was – die oggend vroeg was die humiditeit al vrek hoog en ek dink dit was al oor die 30 grade… Ons word toe verras, deurdat ons toerleier dit goedgedink het, om ons om half 1 die middag – op die hitte van die dag – die stap te laat aandurf… Ek het reeds flou gevoel toe ek dit begin stap het, NET om toe uit te vind, dat al die pad tot bo, op volcanic ash gestap word… Dis soos om op die strand te probeer draf – jou voete sak heeltyd weg, en dis boonop nog opdraend… en seker 40+ grade…



Toe ek daar opstap, het ek net besef – hierdie is presies soos ons lewens ELKE dag is… Ons begin vol entosiasme, net om dan toegegooi te word met allerhande dinge wat onverwags was… Ons begin sink (soos in daardie “sand”), en ons kry net opdraend van voor… Vir baie mense sal dit die “cue” wees om op te gee / net handdoek in te gooi… My pa en boetie het saam met my gestap, en ek sal altyd onthou, hoe my pa sy hand uitgesteek het vir my, toe ons op ’n moeilike stuk geloop het… Dit het my net laat besef – Jesus is daar vir ons DAAGLIKS, soos my pa vir my daar was… My tekkies se rubber het losgekom (gesmelt) van hoe warm dit was! (gelukkig het ek dit eers gesien aan die einde van die stapJ)… Toe ons die bo-punt van die krater bereik het, was dit die ONGELOOFLIKSTE uitsig van die vulkaan, asook die hele Pompeii en Solerno… Dit het my weer laat besef dat al is die klim moeilik, die beloning om stappie vir stappie te neem, uiteindelik ALLES oorheers! God sal jou wat geduldig op Hom wag beloon… Hy SAL NIE jou gebede onbeantwoord laat nie… Hy sal JOU wat aangehou, en uitgehou het, gebruik om ‘n “WORLD CHANGER” te wees… Soos Vesuvios dit in hom het om ’n hele landskap te verander, so kan God JOU gebruik om ’n HUGE verandering en verskil in die wereld te maak! Jy moet net jou skoene van bereidwilligheid aantrek…



Mag jy Jesus se hand vandag raaksien wanneer dinge dalk bietjie moeiliker gaan as wat jy gehoop het! En mag Hy jou seen, soos Hy vir Jabes geseen het!



Baie blessings J



Anelli**


No comments: