Sunday 29 July 2012

"God's plans for your life far exceed the circumstances of your day..." ~ Louis Giglio


Haloes! :)

"God's plans for your life far exceed the circumstances of your day..."  ~ Louis Giglio

2 Corinthians 4:16-18 

So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparison, as we look not to the things that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal...

Romans 12:12 

Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer...

A winner is someone who recognizes his God-given talents, works his tail off to develop them into skills, and uses these skills to accomplish his goals... ~ Larry Bird

A winner never stops trying... ~ Tom Landry

Wat is dit wat jou dryf in die lewe?  Wat kry jou om op te staan in die oggend, en weer die lewe opnuut aan te durf?  Daar is ‘n hele paar antwoorde wat nou na vore kan kom...  HOOP...  Hoop dat vandag ‘n beter dag as gister sal wees!  Hoop dat ek vandag sal regkry waarmee ek gister gesukkel het...  Ek het die naweek so ‘n bietjie van die Olimpiese Spele gekyk en ek dink iets wat ELKE persoon in gemeen het, is dat hulle hou daarvan om “te wen”...  In die Opening, kon jy sien dat Londen, soveel tyd en energie investeer het, om ‘n topgehalte opening te lewer...  En het hulle, hulself nie goed van hul taak gekwyt nie? 

Ek’t met al die deelnemers ook gesien – almal het een strewe, om dit waarvoor hulle so hard gewerk het die moeite werd te maak...  Om die vrugte te pluk van ure se oefen en tyd wat hulle in hul gawe ge-investeer het...  My hart het gebreek vir die wat jy kon sien ‘n “’n bad day at the office” gehad het...  4 Jaar wat jy oefen, en dan het jy een kans om jouself te bewys, en jouself te laat geld...  As dit nie jou dag is nie, kan jy ALLES in jou vermoë probeer doen, maar die uitslag sal steeds teen jou tel...   Ek dink met ons lewens, kan ons ook getuig van dit...  Mens kan partykeer SO hard werk, vir iets, maar wanneer dit net nie bestem was vir jou OP DIE STADIUM van jou lewe nie, sal dit nie uitwerk nie...  God het ‘n manier om op snaakse maniere te werk, somtyds...  Jy kan soveel verwagtings hê, van hoe jy “droom” dat dinge sal uitwerk, waar God dan dinge TOTAAL kom “opmix”, dat dinge op ‘n heel ander manier sal uitwerk...  Deurdat situasies soms anders uitwerk as wat jy gehoop het, sorg God baie keer dat jy leer van jouself en ook tot wat jy in staat is, wanneer dinge moeilik gaan...  God gebruik ook baie keer sulke situasies om aan jou te wys om jou vertroue in Hom te stel, en nie op aardse dinge nie...  Hierdie aanhaling van Louis Giglio is een HUGE waarheid!  Jou DAG vandag, is maar net 'n druppel in die emmer van wat God vir jou beplan...  God sal jou help om jou gawes tot SY eer te gebruik...  Partykeer gaan jy teleurgestel word, deur hoe dinge uitwerk, maar dit sal slegs ‘n boublok wees van die goeie dinge wat op jou wag...  Vat dit dag vir dag, uitdaging vir uitdaging...  ‘n Olimpiese atleet / deelnemer, het nie in ‘n oogwink gekom waar hulle is nie...  Maar deur konstante harde werk, geloof, vertroue in hulself, deursettingsvermoe, trane, baie vasbyt en HOOP, dat hulle wel die vermoë het, om die taak wat voorlê suksesvol aan te pak...  Ons het al klaar ‘n voordeel, nog groter as dit alles, want ons het vir God...  Wat DAAGLIKS vir ons daar is, en wat ons sal ophelp wanneer ons val...  God is groter, as enige uitdaging, of as enige donker pad wat jy tans of in die afsienbare toekoms sal moet stap...  Hy sal sorg vir lig op die pad – ons moet net ons oog gevestig hou op Jesus...

Blessings!

Anelli**

No comments: