Tuesday 17 July 2012

“Even if you do not start well, the important thing is to end well…” ~Courageous

Haloes! :)
“Even if you do not start well, the important thing is to end well…” ~Courageous
Joshua 24:15
“Choose today who you will serve… But as for me and my house, we will serve the Lord…”
“While there's life, there's hope…” ~Cicero
Ek het ‘n ongelooflike inspirerende fliek die naweek gekyk –Courageous… Daar is soveel lewenslesse in opgesluit, dat ek jou werklik sal aanraai om dit te kyk as jy ’n kansie het… Die jaar is al oor die helfte… Hoe was hierdie jaar tot dusver vir jou? Het jy jou doelwitte wat jy uitgesit het aan die einde van 2011 al begin najaag? Het jy voluit gelewe tot dusver, deur die meeste te maak van elke dag se 86,400 sekondes wat vir jou as geskenk gegee is? Of was dit ’n moeilike jaar – een van daardie waar van jou grootste vrese bewaarheid is, waar dinge totaal teenoorgesteld was van dit wat jy verwag of gehoop het? Miskien is jy tans in een van daardie moeilike situasies, waar jy gekonfronteer is met besluite en nie weet watter kant toe nie… Want neem jy besluit 1, gebeur uitkoms 2… Niks loop saam, of werk uit nie… Vir jou wil ek vanoggend sê – HOU NET AAN… Moenie moed verloor nie!! Skilpad het vir hasie gewen, nie omdat hy vinniger of ratser was nie, maar omdat hy geduldig op sy stadige pas, aangehou en uitgehou het… Selfs al was daar oomblikke wat dit vir hom gevoel het asof hy stilstaan en glad nie eens beweeg nie… Dis nog nie te laat om hierdie jaar om te draai, en hom te laat eindig in een van die bestes wat jy nog ooit gehad het nie!
Miskien het jy die jaar sonder God begin en dalk vir ’n rukkie sonder hom geloop… Omdat jy kwaad was oor hoe dinge uitwerk, of nie uitwerk nie, of omdat dit vir jou voel dat Hy nie antwoord wanneer jy omhulp roep nie… Dis nie te laat om Hom te aanvaar of terug te nooi in jou lewe nie! Wanneer jy met God stap, SAL Hy die dinge in jou lewe in plek laat val… Ons moet net geduldig wag – God kom altyd terug na Sy beloftes! Ek dink somtyds as Hy lank vat om ons te antwoord, “toets” Hy ons as’t ware, om te kyk of ons gaan aanhou glo, en aanhou vertrou… Ons moet egter ook ons deel doen, deur ons sondes te bely, en ons afhanklikheid van Hom te erken… Ons is net mense, en sonder Hom het ons nie die krag om te FACE wat die lewe so graag uitdeel nie… In die fliek, het die een ou gesê hy wil ophou skuldig voel oor iets wat hy verkeerd gedoen het… Hy het gesê dat hy genoeg “goed” in sy lewe gedoen het, en hy hoop maar dit “outweigh” die slegte… Die ou met wie hy gepraat het, het vir hom gesê – dis nie hoe dit werk nie… Wanneer jy sondig, moet jy bid vir God se vergifnis, want alhoewel ons as mens nie oor jou sal oordeel nie, sal God eendag oordeel… Hy het dit geïlustreer met ’n baie mooi storie… Dink gou wie een van die mense aan wie jy die naasste is… Sê maar daardie persoon word vermoor, en wanneer die moordenaar se verhoor kom, sê hy vir die regter: “hierdie moord is maar een iets wat ek verkeerd gedoen het, maar die res van my lewe het ek net goeie goed gedoen…” As die regter dan vir hom sê – goed, jy is onskuldig, want al die goeie goed, is sterker as die slegte wat jy gedoen het, sou jy dink dis ’n goeie regter of ’n slegte een? ’n Slegte een natuurlik! God het vir Jesus Christus gestuur om vir ons te sterf, sodat ons VRY kan wees, en die Ewige lewe kan bekom… Maak seker dat jy weet jou saak met God is reg… Dat HY jou hart het, en in en deur jou lewe… Hy het jou ONEINDIG lief, en jou plekkie is reg daar by Hom, as jy dit wil hê… Eindig sterk, al was jou begin dalk bietjie wankelrig! God stap saam met jou!! Hy is reeds in die week wat voor jou lê, en Hy sal Sy Engele opdrag gee om jou te beskerm, waar jy ookal gaan…
Blessings!

No comments: