Tuesday 31 July 2012

Don’t confuse your path with your destination…Just because it is stormy now, does not mean you are not headed for sunshine…~Unknown

Haloes! J
Don’t confuse your path with your destination… Just because it is stormy now, does not mean you are not headed for sunshine… ~Unknown
Romans 8:37-39
“But in all these things we overwhelmingly conquer through Him who loved us. For I am convinced that neither death, nor life, nor angels, nor principalities, nor things present, nor things to come, nor powers, nor height, nor depth, nor any other created thing, shall be able to separate us from the love of God, which is in Christ Jesus our Lord…”
Deuteronomy 7:9
“Know therefore that the LORD your God, He is God, the faithful God, who keeps His covenant and His loving kindness to a thousandth generation with those who love Him and keep His commandments…”
“Strength doesn’t come from what you can do, it comes from overcoming what you once thought you couldn’t…” ~ Unknown
“If you have nothing to be grateful for check your pulse..”. ~ Author Unknown
Ek dink nie ‘n mens weet wat in jou steek of tot wat jy in staat is, voordat jy tot die uiterstes getoets word nie… Mens leer die meeste van jouself in die gesig van die grootste uitdagings J Mense wat vir my ’n groot inspirasie is met hierdie stelling, is mense soos Natalie du Toit… Vir die van julle wat nie weet wie sy is nie– gou kortliks… Natalie du Toit was ’n swemmer van formaat van ouderdom 14… Een dag na swemoefening, was sy in ’n ongeluk (haar scooter is deur ’n motor omgery), wat daartoe gelei het dat haar linkerbeen tot onder die knie geamputeer moes word… Drie maande na die ongeluk het sy weer leer loop, en was sy terug in die swembad… Sy swem sonder ’n kunsbeen… Sy het in die paralimpiese spele in 2004 4 goue en een silwer medalje gewen… 2008 Paralympics – 5 goue medaljes… Hierdie is net in kort hoor!
Ekt nou die afgelope tyd geleer hoe afhanklik jy van beide jou bene is! Dink jou gou in – jy is op krukke vir ’n week. Jy mag glad nie jou een been gebruik nie, maar jy moet steeds jou elke dag se taak verrig, kos maak, werk toe gaan, motor bestuur ens ens… Dit klink alles bitter maklik, totdat jy daardie bord kos moet dra iewers heen, terwyl jy jou balans moet hou op die krukke… Dis fisies onmoontlik! Ek dink dat as ek Natalie moes wees, sou ek seker gedink het dat my swemloopbaan verby is, indien ek in daardie ongeluk moes wees en my been sou verloor? Wat dink jy? Wat sou jou reaksie wees? Haar “spirit” is vir my ongelooflik, en sy is werklik ’n HUGE inspirasie vir my! Want NET 3 maande, nadat hierdie verskriklike ongeluk met haar gebeur het, was sy al aan die terugveg… Sy het nie toegelaat dat die reën wat in haar lewe geval het, haar weggehou het van die sonskyn (al die oorwinnings by die Olimpiese en Paralimpiese spele) wat op haar gewag het nie! Hoekom laat ons dit dan toe in ons eie lewens?? Ek dink daar gebeur daagliks dinge wat ons ontmoedig… Wat saadjies van wantroue in God plant in ons lewens… Waar ons begin twyfel aan onsself, en ons vermoëns… Waar ons begin twyfel aan dit wat EINTLIK moontlik is… Natalie, kan vir ELKEEN van ons ’n inspirasie wees, van iemand wat bly glo, en bly LEEF het, terwyl haar omstandighede totaal en al teen haar was… Sy is vir my ’n vrou by wie elkeen van ons kan kers opsteek, en wanneer dit voel – ek is besig om ‘n “losing battle te fight” – haar storie te onthou as ’n onmoontlike, wat God in ’n moontlike omskep het… Ephesians 3:20 – “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us…” & Luke 1:37 - For with God nothing will be impossible.” Mag dit jou inspirasie wees vandag!
Blessings!
Anelli**

No comments: