Thursday 19 July 2012

“You never know where the next miracle will come from…” ~ one tree hill

Haloes! :)
“You never know where the next miracle will come from…” ~ one tree hill
Psalm 103:11,17
“For as the heavens are high above the earth, so great is His mercy toward those who fear Him … But the mercy of the Lord is from everlasting to everlasting on those who fear Him…”
Luke 1:37
“For with God nothing will be impossible...”
“Miracles happen to those who believe in them.”~ Bernard Berenson quotes
“Even miracles take a little time…” ~ Unknown
Glo jy dat wonderwerke vandag nog gebeur? Ek kan sommer hoor hoe sommige van julle sê – “ja, defnitief…” Ander weer: “Ja, seker… net nie met my nie…” Ander: Nee, ek dink dis iets wat in die Bybel se tyd gebeur het… NOU: Ander vraag: Glo jy dat die son môre sal opkom? Natuurlik sal dit – dis iets wat daagliks gebeur… Wonderwerke, is net soos die son wat opkom soggens… Ek belowe jou – in jou daaglikse gejaag, gebeur daar ten minste elke dag 1 iets wat ’n klein wonderwerk is, deur die genade van God wat oor ons die wag hou… Daar is ook baie groot wonderwerke waaroor ons vandag nog kan getuig... Siekes wat gesond gemaak word, verhoudings wat herstel word, finansies waarin voorsien word, wanneer dit lyk of daar geen uitkoms is nie, werke of geleenthede waar mense al lank soek na die regte werk; vriende vir mense wat eensaam en alleen is... Dis maar enkele voorbeelde...
Scenario: Iemand vra jou vandag ’n guns, maar jy weet jou tyd is bietjie beperk, en jou antwoord –ek gaan my bes doen om jou te help vandag, anders defnitief môre… Hoe sou jy voel as jy hoor dat daardie persoon dan na iemand anders gegaan het, en aan die ander persoon vertel het, jy is nie in staat om te help nie? Jy sal seergemaak voel?! En ek dink nie jy sal daardie persoon wil help nie… Ons hanteer baie keer vir God so – wanneer ons glo dat dinge nie kan uitwerk, of dat Hy nie gaan uitkoms gee, omdat Hy nie jou gebede antwoord nie… GEDULD… God het ons nog altyd belowe – Hy sal met ons wees… Hy sal sorg, en Hy sal Sy liefde oor ons uitstort… Hy sal ons toegooi met wonderwerke en seën – solank ons aanhou glo en vertrou dat SY tyd die beste en regte tyd is! Partykeer het groot wonderwerke tyd nodig... Groot geduld en tyd... God sal jou omboul met wat Hy vir jou in store het... Jy moet net nie ophou glo en vertrou nie... And Jesus answering saith unto them, Have faith in God. For verily I say unto you, That whosoever shall say unto this mountain, Be thou removed, and be thou cast into the sea; and shall not doubt in his heart, but shall believe that those things which he saith shall come to pass; he shall have whatsoever he saith... ~ Mark 11:22-23 (KJV)
Blessings!
Anelli*

No comments: