Thursday 12 July 2012

“My Godgegewe talent is my vermoë om langer met iets aan te hou as enige iemand anders...” ~ Hershel Walker

Haloes! :)

My Godgegewe talent is my vermoë om langer met iets aan te hou as enige iemand anders...” ~ Hershel Walker
Hebreërs 12:1-2
“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en die Voleinder van ons geloof...”
Fillipense 4:13
"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee..."
“Wat ookal die vraag of die antwoord, die waarheid is dat vasbyt die enigste manier is... Ons kry die vermoë wanneer ons ons oë op die doel hou...” ~ Martie Lancellas

“Uiteindelik is die mens wat, ondanks sy foute, weier om op te gee, die een wat weer opstaan en aangaan en bo uitkom, die ware wenner. Iemand wat val en weer opstaan, is iemand wat respek verdien...” ~ ST Potgieter

Miskien sit jy op moedverloor se vlakte vanoggend, omdat niks wil uitwerk soos dit moet nie... Miskien voel jy dat jy in die wegspringblokke staan van ‘n 100 meter wedloop, terwyl jy ten volle in wintersklere geklee is, met stewels, jasse, serpe, handskoene, en dat die ander atlete onder jou uithardloop omdat hulle ten volle in hul atletiekdrag so lig soos ‘n veertjie is... Dit is baie keer so dat daar dinge in ons lewens kan wees wat hindernisse veroorsaak,wat uiteindelik veroorsaak dat ons nie ons doelwitte kan bewaarheid nie...

Wanneer die terugslae kom, hou ons baie keer op bid... Ons raak kwaad omdat God sekere dinge toelaat in ons lewens, en op die stadium wat die terugslae gebeur, kan dit moeilik wees om raak te sien, dat daar wel “ ‘n doel” met die gebeure is, en dat God dalk iets groters in gedagte het as wat ons kan sien... Ek wil vanoggend vir jou sê: God het aan jou spesifieke talente gegee... Daardie natuurlike talent, is nie sommer om dowe neute daar nie... Wat jou gaan onderskei van die mense langs jou, is jou vermoë om aan te hou, te midde van die hindernisse... As jy jou beste gee, SAL God die res gee – al lyk dit nie so nie! Hy sou nie vir jou die talent gegee het, as Hy nie wou gehad het dat jy dit moet gebruik nie... Byt vas, en hou aan... Die verskil tussen ‘n wenner en ‘n verloorder, is hoeveel keer jy bereid is om op te staan, en weer te probeer wanneer jy terugslae ervaar... God sal aan jou daardie deursettingsvermoë gee om enige iets end uit te sien... Hou jou oog net gevestig op Hom... Hy sal sorg... Vir die wat dalk bietjie moed nodig het vanoggend: 1 Peter 5:10: And the God of all grace, will Himself restore you and make you strong, firm and steadfast...

Hoop jy sal 'n pragtige dag en naweek he!!

Blessings!
anelli**

No comments: