Sunday 11 September 2011

Tweede kanse…

haloes! :)


Tweede kanse…

Psalm 130:3-4

“As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? Maar by U is vergifnis; daarom word U steeds gedien…”

Kolossense 3:13

“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe…”

“God spaar die sondaar omdat Hy sy eie Seun nie gespaar het nie… God vergewe ons sonde omdat Hy hulle 2000 jaar gelede op sy enigste Seun gelê het…” ~ Charles H Spurgeon

“Here, vergewe my vir elke keer wat ek iemand se vriendelikheid misbruik; wat ek ‘n ander oordeel sonder om al die feite te ken; wat ek met my trots mure bou in plaas van afbreek; wat ek diskrimineer op grond van velkleur, geslag of status; wat ek my geestelik “beter” of “meer gevorder” ag as ander. Vader, vergewe my, vergewe my, vergewe my…” ~ Rita Snowdon

Ek dink tweede kanse is iets wat mens die moeilikste kry, in die wêreld waarin ons leef… Jy kan jou lewe lank ‘n goeie reputasie opbou, goeie beeld uitstraal, en dan EEN fout maak, en als kan dan daarmee heen wees… Of miskien net op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek wees… Ons, as mense, is partykeer ook baie “judgemental”… Mens oordeel partykeer mense, sonder om hulle storie te ken…

Ek dink dat, om meer soos Jesus te wees, moet ons bereid wees om mense tweede kanse te gee… As dit nie vir Jesus was wat vir ons ‘n tweede kans gegee het nie, was nie een van ons vandag hier, met die oog daarop om eendag die Ewige Lewe te kon hê nie… Dieselfde geld vir JOUSELF… Baie mense is partykeer so hard op hulleself oor wat hulle verkeerd gedoen het, of NIE gedoen het nie, dat die lewe somtyds net by hulle verbygaan… Self-vergifnis is partykeer die moeilikste...

Ekt Vrydagaand ‘n ongeluk gesien waar twee mense langs die pad gelê het – omgery deur ‘n motor of trem… Hulle het die laken oor die een ou getrek toe ek daar verbyry, en die ander ou kon ek sien, het gesukkel om asem te kry… Dit het my nogals geruk, en iets wat net weer HERBEVESTIG is, is dat jy ELKE oomblik wat aan jou geleen is, moet LEEF… Moenie sit en wag vir “die regte tyd” nie… Wanneer ek meer geld het, of gesonder voel, of “in ‘n beter plek is” nie… Die twee mense wat ek gesien het, het GEEN tweede kans nie… Dit wat hulle wou doen – sal altyd by “wou doen” bly… As hullle dalk woorde met iemand gehad het en nooit jammer gesê het nie, sal hulle dit nou nooit kan doen nie… As hulle iemand liefgehad het, maar nooit die moed gehad het om die persoon te vertel nie, is dit ook iets wat vir altyd verlore is…

Moet nooit dat die mense wat vir jou saakmaak, twyfel hoe jy oor hulle voel nie… Moet ook nie jou lewe uitstel vir ‘n beter tyd nie… Gee mense ‘n tweede kans… Ek sê altyd – ek glo die beste van almal tot die teendeel bewys is… Moenie mense oordeel nie... Baie mense tree partykeer op 'n spesifieke manier op, om hul hartseer en pyn te verbloem... Onthou T.H. Thompson and John Watson het gesê: 'Be kinder than necessary,for everyone you meet is fighting some kind of battle…' Lewe VOLUIT...

Blessings!

No comments: