Monday 19 September 2011

“Aan storms gaan jy nie ontkom nie… Trek jou dansskoene aan, en dans dat die stof so staan!” ~ Hennie Symington

Haloes! :)

“Aan storms gaan jy nie ontkom nie… Trek jou dansskoene aan, en dans dat die stof so staan!” ~ Hennie Symington

Psalm 91:9-15

“As die Here jou toevlug is, as die Allerhoogste jou skuilplek is, sal geen kwaad jou tref en geen ramp naby jou tent kom nie… Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm, hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie… Op ‘n leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap… Hy wat My liefhet, SAL Ek verlos; Hy wat my naam ken, sal Ek beskerm… Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees…”

“The greatest mistake you can make in life is to be continually fearing you will make one..”. ~Elbert Hubbard, The Note Book, 1927


“There are two days in the week about which and upon which I never worry... Yesterday and Tomorrow…” ~Robert Jones Burdette

Foute… Dis iets wat elke dag deel van ons lewe is… Ons maak partykeer oorhaastige besluite, en dan is dit nie altyd dinge wat die beste vir ons lewe is nie… MAAR, my ma en pa het altyd vir my geleer dat “ ‘n fout is net ‘n fout as jy dit nie kan regmaak nie…” Hierdie Psalm 91 is iets wat vir my met totale hoop vul vir ENIGE iets wat jou pad mag kruis, of ENIGE fout wat jy dalk mag maak… God sal by jou wees – maak nie saak WAT nie… Ek weet baie van julle sal dalk nou met die volgende vraag sit – “Maar Anel, ek stamp my voete teen klippe, en moeilikheid tref my…”

Vir jou wil ek sê – elkeen van ons se paadjie is vir ons uitgelê deur God… Ekt Vrydagaand met ‘n vriendin gesels wat vir my die volgende laat besef het – party van ons se paadjies is net gevul met meer kronkelpaadjies, doodloopstrate en konstruksie areas, dat dit vir ons ‘n groter uitdaging is om van punt A na punt B te gaan… MAAR – op daai kronkelpaaie, of verkeerde afdraaie of doodloopstrate, is God se engele steeds by jou… En hulle sal jou op jou lewenskoers hou… Wanneer mens heeltyd bekommerd is oor foute wat jy moontlik kan maak – hou jy dikwels op om te lewe… Speel eerder veilig as om die lewe voluit aan te pak… Daardie doodloopstrate, of deure wat toemaak, is nie om dowe neute daar nie… God sal EEN of ander SEEN vir jou in dit ook hê… Ons moet net God se seën soek in dit wat gebeur, eerder as om die negatiewe raak te sien… Dis partykeer baie moeiliker gesê as gedaan – maar dis waar ons die volgende moet toepas – “FAITH, is to sometimes say – I don’t understand, but I choose to believe…” ~ Dominee by Hillsong Kerk Amsterdam…

Baie blessings vir jou!!






No comments: