Tuesday 13 September 2011

“Jy sal nie vir die duiwel nee kan sê, as jy nie vir Christus ja sê nie…” ~ Rick Warren

Haloes! :)


“Jy sal nie vir die duiwel nee kan sê, as jy nie vir Christus ja sê nie…” ~ Rick Warren

Matteus 6:13
“Laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose…”

Matteus 26:41

“Waak en bid, sodat julle nie in die versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak…”

“Ek weet goed dat wanneer God naby is, die duiwel ook op sy besigste is…” ~ Robert Murray McCheyne

“My versoekings was my teologiemeesters…” ~ Martin Luther

Die lewe is soos ‘n bootreis om die wêreld… Jy ontmoet mense van verskillende nasionaliteite en gelowe, mense met verskillende waardes… By elke plek waar jy stop, beleef jy ‘n ander omgewing – soos die seisoene van jou lewe… Party dele van jou reis mag dalk bietjie onplesierig wees, wanneer die boot hom op ontstuimige waters bevind – dis die moeilike tye wat ons in ons lewe moet deurmaak… Maar daar sal ook dele wees wat ONGELOOFLIK is, en wat jy die ervarings / jou belewenisse vir niks op hierdie aarde sal wil verruil nie…

Dink gou oor die volgende – wanneer jy besig is met die dinge van God, raak jy vir die duiwel ‘n bedreiging… Ek het al baie gesien, wanneer mens liefdadigheidsprojekte aanpak, of net God se hande en voete probeer wees, is dit asof die duiwel “ekstra alert” is… Dis asof hy uit sy pad sal gaan, om goeie en opbouende dinge af te breek… Ons moet hom net nie vastrapplek in ons lewens gee nie. Wanneer jou Bybelstudie tye en jou verhouding met God ook floreer, is dit asof dit vir die duiwel ‘n uitdaging is om jou aan te val… God sal ALTYD getrou wees… Maak nie saak watter uitdagings of probleme oor jou pad kom nie – Hy sal jou deurdra… God weet ook dat ons sondaar mense is, en dat ons partykeer sukkel om altyd die regte ding te doen… Die goeie nuus is – jy is REEDS daarvoor vergewe… En Hy het jou onvoorwaardelik lief – sonder enige beperkinge… Ek weet dat dit somtyds moeilik kan voel - maar in die moeilike tye is juis wanneer ons net moet aanhou vertrou... God sal jou wel beloon vir dit, en Hy SAL jou gebede verhoor!!

Soos ek al voorheen gesê het, slegte goed gebeur met goeie mense, en mens verstaan nie altyd hoekom nie… Maar ek dink, as ons partykeer minder probeer om die moeilikhede / uitdagings te ontleed, en bietjie meer voluit lewe, sal ons nie anders kan as om daagliks opnuut bewus te raak van God se blessings in jou lewe nie… Daar is nie ‘n “checklist” waaraan jy moet voldoen om God se kind te wees nie… Hy het jou gekies, nog voor jy Hom gekies het… As jy nou nog nie die keuse gemaak het VIR Hom nie, is dit ook nog nie te laat nie… Sorg net dat jy daardie besluit neem, en lewe kies, voordat jy aan die einde van jou lewensreis kom… Laat God toe om na jou om te sien – jy hoef nie so sterk te wees, deur altyd na almal te kyk nie – plaas hulle net in God se hande… Al is dit partykeer bitter moeilik!! Ek laat jou met die volgende vers: Matteus 10:30 – Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel… Wees daarom nie bang nie… Julle is vir Hom meer werd as ‘n hele swerm mossies…”

Blessings!







No comments: